Christo Snyman en Pieter Smith
Posted in Bands & Gigs, Events & Entertainment, Live Shows, Musical Events
Venue: Jou Sitkamer
Dates: 30/08/2020 to 30/08/2020
Times: 16:00
Groep 2 met Gert van Tonder en Sias Reinecke was legendaries in Suid-Afrika. Met hulle groot treffers soos “Die Oukralliedjie”, “Die Padda Wou Gaan Opsit” en “Daar Is Niks Soos Ware Liefde Nie”, het Groep 2 alle rekords in die musiekbedryf laat spat. Met hulle gewildheid in Suid-Afrika het hulle ook in 1968 liedjies by die EMI Ateljee in Londen opgeneem (waar die Beatles al hulle treffers opgeneem het) – “Mangwane Mpulele” en “Little Go Go Girl”. Sias is in 1982 aan ‘n hartaanval oorlede na sy solo treffer, SPROETJIES. Gert het veral ook bekendheid verwerf as aanbieder van “Wielie Walie”.
In hierdie produksie bring Christo Snyman en Pieter Smith hulde aan Groep 2.
Pricing & Booking Information
R 115
Venue Details & Map
Jou Sitkamer
Physical Address: PretoriaLatitude: -25.73134 Longitude: 28.21837