Worcester primer blom met nuwe hoof
1.Hoe voel u oor u aanstelling as die nuwe hoof van Worcester Primer? Die aanstelling by WPS is ‘n ongelooflike voorreg met gepaardgaande verantwoordelikheid. Dit is vir my ‘n groot voorreg om elke dag by ‘n skool soos WPS in te stap om saam met ‘n wonderlike span en ouergemeenskap te werk.
2. Vir hoe lank is u al in die onderwys en wat het u geinspireer om hierdie loopbaan te kies? Ek is hierdie jaar 35 jaar in die onderwys. Ek glo dat onderwys by uitstek ‘n roeping is. Dus glo ek nie dat ek hierdie loopbaan gekies het nie, maar dat die Here deure vir my oopgemaak het om vandag my roeping ten voile uit te leef. Ek is passievol oor mense in die algemeen en dit is my droom om elke dag in te bou in kinders se lewe sodat hulle ook hul roeping in pas met die Here se wil as volwassenes kan gaan uitleef.
3. By watter skool was u voorheen? Ek was adjunkhoof by Hoerskool Lichtenburg van 2016 tot November 2020 en daarna vir ‘n rukkie die hoof by Laerskool Burgersdorp, ook in Lichtenburg in Noordwes.
4. Van waar kom u oorspronklik? Gebore in Klerksdorp, maar my hart is nog al die jare in die Wes-Kaap.
5. Watter deel van hoof wees is vir u die belangrikste en watter deel geniet u die meeste? Om hoof van ‘n skool te wees, is ‘n groot verantwoordelikheid. Dit is vir my belangrik om te weet dat ek WPS nie uit myself kan lei nie, maar slegs in afhanklikheid van die Here. Die feit dat ek in hierdie proses met mense kan werk, gee my daagliks inspirasie en hope energie.
6. Is daar enige nuwe planne of projekte wat u graag by die skool wil implementeer?
Vir seker is daar nuwe planne. Ek is egter dankbaar teenoor my voorgangers dat hulle so ‘n ongelooflike fondasie gelaat het waarop ons as WPS-span kan bou. My persoonlikheid word gestimuleer deur verandering en vernuwing. Ons lewe in ‘n tyd, ook in die onderwys, dat ons voortdurend vernuwend moet dink en daagliks met oplossings te voorskyn moet kom.
7. Het u dalk ‘n boodskap vir u leerders en die bree skoolgemeenskap? My boodskap aan leerders is: Stap elke tree wat jy loop in die Here se voetspore, dus in pas met Sy Woord en wil virjou lewe. Jy word nie gedefinieer deur wat mensevanjou dinknie. Jy iswie God sejyis. Die drome wat jy het, glo datjyditkan bereik, en doendit. Asjy dink jy kan nie, isjy heeltemal korrek.Aan die bree skool-en ouergemeenskap: Ons lewe in uitdagende tye. Dit is nou meer belangrik as ooit dat ons moet hande vat, mekaar moet ondersteun en positief wees. Daar is genoeg negatief in hierdie wereld. Baie mense in die WPS-gemeenskap moes baie dinge doen en deurgaan vir die voorreg wat ons vandag in hierdie skool kan geniet. U is die boustene van hierdie skool. Kom ons vat hande en staan mekaar by om WPS tot groter hoogtes te lei. Ek is mal oor goeie koffie. My deur staan oop vir elke ouer, en voornemende ouer om ‘n goeie koppie koffie saam met my te kom geniet.