UTSB: ’n Uitdaging van Uitsonderlike Skoonheid

Ma en dogters van George doen UTSB. Van links is Francisca Zaaiman (wat die 3de vrou was in die 10km-wedloop), Emsie Martin en Stephanie Schutte wat ook in die 10km-wedloop deelgeneem het. Die jongste sussie, Edith Martin, het Sondag aan die Two Oceans halfmarathon deelgeneem
Die Ultra Trail Sleeping Beauty (UTSB) was ’n werklik asemrowende ervaring. Die roete het atlete deur bergagtige terrein geneem, tussen fynbos, verby plantasies en ’n dam—en vir die dapperstes, tot by die ikoniese Sleeping Beauty-piek.
Hierdie eerste UTSB het op Saterdag 5 April op Windhoek-gasteplaas net buite Riversdal plaasgevind en sowat 263 deelnemers gelok.
Dit was werklik ’n onvergeetlike ervaring om dié historiese geleentheid by te woon.
Die gees onder deelnemers was ongelooflik, vanaf die 65 km-wedloop wat in die donker begin het, tot by die 40 km-, 20 km- en 10 km-items wat daarop gevolg het.
Die vervoer na die 10 km- en 20 km-wegspringpunte het my herinner aan die Meiringspoort-marathon—uitstekend georganiseer en vlot uitgevoer.
Die roete deur die berg, omring deur inheemse plantegroei, en die vasberadenheid van die atlete wat tot by die Sleeping Beauty-piek en terug gehardloop het, het elke uitdagende opdraande die moeite werd gemaak.