Mathys Roets
Venue: Mel's Place
Dates: 11/04/2021 to 11/04/2021
Times: 19:00
Doors Open 17h00
Show Time 19h00
“If it be your will that I speak no more, and my voice be still as it was before, I will speak no more.”In 2016 is die groot musiekgees Leonard Cohen oorlede, maar as Mathys Roets dit kan verhelp, sal sy stem nooit stil word nie.
“Sy woorde het nie ʼn vervaldatum nie,” sê Mathys. “Sedert ek amper dertig jaar gelede Suzanne die eerste keer gehoor het, het ek net gewéét ek wil sy stories, sy pyn, sing. Cohen was alles behalwe konvensioneel, altyd op soek na antwoorde. In my lewe, het hy my geleer om altyd die antwoord te gaan soek.”
Mathys Roets is een van die min kunstenaars wat Leonard Cohen werklik gestand kan doen. En daar is nie ʼn taalbeperking nie. Afrikaanse en Engelse gehore geniet sy vertolking ewe veel. In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Mathys – so eenders, maar tog so anders.
Venue Details & Map
Mel's Place
Physical Address: Mel's PlaceMobile No.: +27(0)79 876 0406 Email: jeanne@stormproduktionz.co.za Latitude: -34.056855 Longitude: 23.371954