Smaaksensasies by KWV Wine Emporium
Smaaksensasies by KWV Wine Emporium
‘n Onvergeetlike ontdekkingsreis vir alle KWV aanhangers – kom besoek ons in die Paarl.
Fynproewers en wynliefhebbers kan gerus ‘n draai by die wynkelders van die KWV maak. Besoek die KWV Wine Emporium geleë te Kohlerstraat, Paarl. KWV se bekroonde produkte (vonkelwyne, witwyne, rooiwyne, gefortifiseerde wyne, brandewyne en likeurs) kan hier geproe en gekoop word. Vriendelike en goed opgeleide personeel sal hierdie besoek vir u leersaam en aangenaam maak.
Verwen u smaaksintuie – proe vier van KWV se puik brandewyne tesame met Belgiese sjokolade of geniet die “Snoephappie-en- Wyn Ervaring” waar u vyf verskillende wyne met tradisionele snoephappies (biltong, droëwors en neute) kan proe.
Nuwe Ervaring :
Ons nuutjie vir Kersfees is die elegante en smaakvolle “Wyn-en-Sjokolade Ervaring”. Vier van ons Cathedral Cellar wyne word met eksklusiewe sjokolade –spesiaal vir ons ontwikkel- geproe. Name soos “White Hot Plum” en “Dark Malted Cherry” is net ‘n indikasie van die smaakvolle en unieke ervaring wat u kan verwag !
Die keldertoere word daagliks op geskeduleerde tye aangebied en is ‘n moet. Die toer sluit ons verouderingskelders, die asemrowende Katedraal Kelder asook die vyf grootste vate onder een dak in ter wêreld in.
U kan beslis nie huistoe gaan sonder ‘n besoek aan ons wynkelders nie !
Book your accommodation right here on ShowMe.
You can find the top hotels, lodges and Airbnb establishments conveniently placed on the map below. All you need to do is click on the place that’s conveniently located and within your budget and then make a booking. What could be easier?
If the map is not where you want to be, click on the ShowMe Pin and then enter the exact name of the location and the map will adjust accordingly.