‘n Afrikaanse Uitstappie in die Paarl
Paarl is die derde oudste dorp in Suid Afrika. Afrikaans vorm ‘n belangrike deel van die Paarl se kultuur en geskiedenis en daar is heelwat toeriste-aantreklikhede vir diegene wat belangstel om meer te weet.
Die Afrikaanse Taalmonument is in 1975 gebou en is ontwerp deur die argitek, Jan van Wijk. Die monument erken die invoed van ‘n verskeidenheid tale soos Nederlands, Maleis, Malei-Portugees, Arabies, Frans, Duits, Engels en inheemse Khoi en Afrika-tale in die ontwikkeling van Afrikaans.
Gidstoere is beskikbaar en Volksmond Koffiewinkel is ‘n ideale bymekaarkomplek vir Sondag middagetes en skemerkelkies.
Daar word ook gereeld volmaan- en sterrekykpieknieks gehou in die somermaande en dit is ‘n pragtige plek vir troues en fotografie.
Lees meer hier.
Die Afrikaanse Taalmuseum wat in die historiese middedorp geleë is, verken die oorsprong van Afrikaans. Die taal word teruggepoor na drie kontinente – Afrika, Asië en Europa.
Die museum fokus op ervaring en die interaktiewe multimedia uitstallings voorsien ‘n praktiese, belewenis van Afrikaans, sy oorsprong en dialekte, sy mense en eienaardighede.
Die Historium Konferensiesentrum word ook hier gehuisves en is geskik vir konferensies werkswinkels en klein troues.
Lees meer hier.
Die Paarl Historiese Wandelroete strek oor 2km vanaf Paarl se Hoofstraat en beskik oor van die mooiste geboue, insluitend ‘n hele paar Nasionale Monumente.
Stop by een van die vele restaurante, koffiewinkels or kroeë en ervaar die gasvryheid waarvoor die Paarl so bekend is.
‘n Nostalgiese stappie deur die Hoofstraat van die Paarl is goed vir die gees, goed vir die siel en goed vir jou bene!
Vir meer besonderhede van die staproete klik hier.