HJS Paarl vs Grey Kollege Bloemfontein
HJS Paarl vs Grey Kollege Bloemfontein
Die groot stryd tussen HJS Paarl en Grey Kollege Bloemfontein was weer `n reuse sukses gewees die jaar. Naas Interskole, is die wedstryde teen Grey die hoogtepunt van die seisoen. Die seuns het in verskeie sport & kultuur aktiwiteite te staan gekom teen mekaar. Die hoogtepunt was natuurlik toe HJS met die louere wegstap met die onder 19 A rugbywedstryd se oorwinning met `n telling van 28 – 18, hul eerste oorwinning teen Grey in 12 jaar!
Hokkie:
Op ‘n baie nat astro op Stellenbosch het HJS sy beste prestasie ooit teen Grey gelewer. 11 spanne het gespeel waarvan 4 gewen, 2 gelykop en 5 verloor het. In al die wedstryde was die tellings klein en daar was werklik min te kies tussen die spanne. Ons o.14 A spanuitslag was seker een van die hoogtepunte met ‘n 3-1 oorwinning. Alhoewel die 1ste span 0-2 verloor het, het hul baie geleenthede gehad veral in die tweede helfte wat hulle net nie in doele kon omskep nie. HJS se hokkie is definitief besig om ‘n krag in skolehokkie te word!
Uitslae:
o.14B 1-0, o.14A 3-1.
o.16E 1-1, o.16D 0-2, o.16C 2-1, o.16B 1-0, o.16A 0-3.
o.19D 0-1, o.19C 0-3, o.19B 1-1, o.19A 0-2.
Landloop:
HJS het die eerste keer die Landlooop gewen met 61 – 17. Dit was vir die Vrystaters ‘n belewenis om in egte Kaapse- winterweer tussen die wingerde op mnr Derek Clift se plaas te hardloop.
Gholf:
Twee spanne van HJS het vroeg Saterdagoggend teen Grey meegeding op die Paarl Gholfbaan.
Die formaat van die kompetisie was “Matchplay”. Die eerstespan het 4½ – 1½ gewen en die tweede span het 4 – 2 gewen.
Tafeltennis: HJS verloor 2 – 10.
Muurbal:
Ons het Vrydagaand teen Grey gespeel en die eerste span wen 17 – 5 en tweede span wen 15 – 5.
Ons nommer 1-speler (tans ook Namibië se no 1-speler), Danie Greeff het sy wedstyd 3 – 0 gewen. HJS se top 6 is tans nog onoorwonne en het ook al hulle wedstyde in die Superliga gewen.
Bergfiets: HJS verloor.
Tennis: Afgestel weens reen.
Skaak:
Saterdagoggend vroeg is die dag se eerste skote gevuur met HJS en Grey se skaakspannekragmeting.
Uitslae: Ons eerste span verloor 3 – 5 maar Chris de Jongh (HJS no 1), het in sy 2uur lange wedstryd koning gekraai. Ons tweede span wen 5½ – 2½.
Rugby:
Die spelers van HJS se eerstespan was in graad 1 toe hul skool Grey laas op die rugbyveld geklop het! Saterdag is die wen-droogte gebreek toe ons Grey 28 – 18 gewen het.
Die o.19A’s het Saterdag voor ‘n volgepakte paviljoen die wedstryd van meet af oorheers. Drie driee binne skaars sewe minute het die wedstryd buite Grey se bereik geplaas. Drieë is deur Dewald Naude en Sebastian Ferreira (2) gedruk en Tiaan Mouton het twee verdoel en met drie strafskoppe geslaag.
Grey het in die laaste 25 minute van die wedstryd verbete teruggeveg en twee keer gedruk, maar die agterstand was te groot.
Ander uitslae:
Rugby @ Grey | ||||
Span |
Punte vir |
Punte teen |
Wen / verloor / gelykop |
|
0.14 A |
11 |
19 |
Verloor |
|
0.14 B |
11 |
19 |
Verloor |
|
0.14 C |
5 |
0 |
Wen |
|
0.14 D |
7 |
15 |
Verloor |
|
0.14 E |
38 |
10 |
Wen |
|
0.14 F |
34 |
10 |
Wen |
|
0.15 A |
6 |
13 |
Verloor |
|
0.15 B |
16 |
22 |
Verloor |
|
0.15 C |
10 |
25 |
Verloor |
|
0.15 D |
0 |
46 |
Verloor |
|
0.15 E |
8 |
7 |
Wen |
|
0.15 F |
7 |
24 |
Verloor |
|
0.16 A |
18 |
17 |
Wen |
|
0.16 B |
6 |
13 |
Verloor |
|
0.16 C |
20 |
19 |
Wen |
|
0.16 D |
18 |
20 |
Verloor |
|
0.16 E |
7 |
24 |
Verloor |
|
0.16 F |
6 |
5 |
Wen |
|
0.19 A |
28 |
18 |
Wen |
|
0.19 B |
9 |
26 |
Verloor |
|
0.19 C |
18 |
16 |
Wen |
|
0.19 D |
16 |
10 |
Wen |
|
0.19 E |
6 |
10 |
Verloor |
|
0.19 F |
14 |
14 |
Gelykop |
|
0.19 G |
18 |
24 |
Verloor |
|
0.19 H |
16 |
26 |
Verloor |
|
Speel: 26 |
Wen: 10 |
Gelykop: 1 |
Wedstryd gemiddeld: 14 / 17 |
|
Debat:
Die Afrikaanse Interskoledebatskompetisie is beslis aan die hand van voorbereide toesprake volgens die ATKV debatsonderwerpe van 2012. Beide die junior en senior spanne van HJS het die kompetisie teen Grey gewen.
The English debating was held according to the World Schools Debating rules. The junior team of Grey College and the senior team of PBHS won the English debate.
Romantiese kooraand by HJS:
Die afgelope Vrydagaand was die HJS gasheer vir agt kore, wat die gewilde mannekoor van Grey Kollege in Bloemfontein ingesluit het. Hierdie was ‘n koorfees wat almal nog lank gaan onthou. In sagte kerslig het dié Vrystaters almal bekoor deur rose uit te deel op maat van Pieter Smit se “Blomme” en toe verder beïndruk met ‘n uitsonderlike repertorium. HJS se Vokale Ensemble, Cantare, het ook ‘n lied saam met hulle gedoen en die aand is afgesluit met ‘n massa-item waaraan al die kore deelgeneem het. Die boodskap van dié 350 engelstemme was duidelik toe hulle met oorgawe “I can go the distance” (uit die rolprent Hercules) gesing het.
Ten spyte van die donkerte wat enkele minute voor die aanvang van die konsert neergedaal het, was die atmosfeer rustig, en die kerse en dowwe beligting het ‘n aangename romantiese gevoel verleen.