Oud Gimmie van Skotland wen Valentynsdagkompetisie
Oud Gimmie van Skotland wen Valentynsdagkompetisie

Herman van Broekhuizen
Herman van Broekhuizen het grootgeword in die Paarl en gematrikuleer aan die Hoërskool Gimnasium in 1997. Na sy studies op Stellenbosch het hy in Skotland gaan werk en woon nou reeds 11 jaar in die buiteland.
Herman werk as `n restaurant-konsultant waar hy betrokke is by die opleiding van personeel vir restaurante en hotelle. `n Groot gedeelte van sy werk is ook om hotelle en restaurante te adviseur oor hoe om hulle te verbeter.
Dit behels onder andere om saam met sjefs in die restaurante te werk. Hy help om spyskaarte en wynlyste aan te pas. Hy kyk na die binnehuisversiering van die restaurante en indien nodig gee hy idees oor hoe om aanpassings te maak soos nodig om die geheelbeeld van die instansie te verfyn en sodoende die maksimum potensiaal uit die besigheid te kry.
Herman sê hy geniet sy werk baie en elke dag bring nuwe uitdagings wat baie interresant is.
Herman is amper soos Gordon Ramsay, maar sonder twyfel ‘n baie vriendeliker weergawe!
Alhoewel hy hoofsaaklik in Brittanje werk kry hy die geleentheid om na ander lande te reis – Hy het reeds in Amerika, Verenigde Emirate asook verskeie stede in die Ooste gekonsulteer.
Een van die hoogtepunte van sy werk is die die een of twee keer per jaar waar hulle groot glansgeleenthede vir koninklikes en ander bekende persoonlikhede reël
Hy het ‘n passie vir kos, goeie wyn, whisky, bergklim en reis. Gedurende hulle vakansie in die Paarl het Herman en sy vrou menige van die wynplase in die area besoek en hy sê dis sonder twyfel een van die hoogtepunte van sy besoek.

Van Links: Herman & Katie van Broekhuizen en Cheryl & Len van der Walt
Herman mis soos almal die lieflike weer van Suid-Afrika maar hy sê hy kan gelukkig meeste van die wyne van Suid-Afrika daar ook kry alhoewel dit peperduur is.
Herman het my vrou, Katie (‘n tandarts) in Edinburgh ontmoet en hulle woon die afgelope 8 jaar in Glasgow in Skotland.
Hulle oorweeg dit wel om eendag weer in Suid-Afrika te kom woon, maar is tans gevestig waar hulle woon. Mense kom van heinde en ver na sy vrou se praktyk wat sy al meer as 10 jaar bestuur. Die sentrale ligging van Skotland teenoor die res van Europa en nabyheid van die Ooste maak dit ook baie voordelig vir hom as hy moet reis vir sy werk.
Beide van hulle is besonder lief vir die buitelewe en geniet elke keer hulle besoeke aan Suid-Afrika en in besonder die Paarl, waar sy ouers woon.
2012 was ‘n besondere koue, nat jaar in Skotland (dit was glo die natste somer in 100 jaar in Brittanje!) en daarom waardeer hulle die sonskyn en pragtige Paarl en Boland-omgewing.hierdie keer soveel meer.
Herman sê hulle verlang maar altyd en veral na sy familie en vriende.

Prysoorhandiging: Katie kyk toe hoe Len (Eienaar ShowMe Paarl) die prys oorhandig aan Herman
Hierdie besoek het ‘n spesiale bonus opgelewer!
Voor hulle huidige besoek het hy ingeskryf vir die ShowMe Paarl Valentynsdag-kompetisie en toe Len hom Vrydagmiddag skakel om te sê hy het gewen kon hy dit nie glo nie.
Hulle is so opgewonde omdat hulle hierdie wonderlike Valentyns-pryse kan benut terwyl hulle ook hulle huweliksherdenking (6 jaar gelede in die Paarl) terselfdertyd kan vier!
Weereens baie dankie aan al die borge vir al die fantastiese pryse.