Rawson Eiendomme Paarl – Lizette Joubert
Rawson Eiendomme Paarl – Lizette Joubert

Lizette Joubert
“As ons nou ’n nuwe eiendom op ons boeke kry en hy is reg geprys, neem dit slegs sowat drie tot vier weke voor hy verkoop.”
So sê Lizette Joubert, eienaar van Rawson Paarl, oor die groei in die Paarl eiendomsmark.
Die Paarl-tak van Rawson het onlangs die Bill Rawson Voorsitterstoekenning gewen vir die Franchise wat die beste diens lewer, en goeie werks en kliënteverhoudinge bevorder.
“Ek het as jong meisie op die ouderdom van 16 begin werk by OK Bazaar. Ek het verskillende vakansiewerke aangepak – ek dink ek was toe al reeds ’n entrepreneur, hoewel ek dit nie besef het nie”
“Nadat ek getroud is, het ek en my man verskeie besighede gehad – van restaurant, tot hardeware van ‘n courier, kwekery, troeteldierwinkel sowel as ’n staalbesigheid ”
“Ons het ook ons eie eiendomsportefeulje gehad – dit is waar my belangstelling in die koop en verkoop van eiendomme begin het”
“Ek het besluit om die eiendomseksamen te doen sodat ek die bestuur van ons portefeulje kan hanteer. My pa was destyds by ’n Rawson-agentskap en hy het vir my laat weet dat die Paarl nie ’n tak het nie.”
In 2005 het sy die Rawson-tak geopen in die Paarl en sedertdien nog nooit teruggekyk nie.
Volgens Lizette is die Paarlse eiendomsmark steeds sterk en kopers weet wat hulle soek: “Die aanvraag in Paarl is hoër as die aanbod en ons sukkel om vir almal huise te kry”
“Paarl is gewild by stedelinge wat buite die stad wil woon. Ons het die skole, natuurskoon en hoë lewenskwaliteit hier”
“Alhoewel ek van die Oos-Kaap kom en eers gedink het hierdie is stad, bly dit steeds platteland vir die stedelinge.”
Volgens Lizette is Rawson anders as ander agentskappe omdat jy as eienaar in-koop in die Rawson-franchise: “Jy besit die winkel en bestuur dit ook en kan sodoende ‘n baie meer persoonlike diens aan die kliënte lewer.”
Joubert is oorspronklik van Cradock en is getroud met sakeman Arno Joubert.
Hulle het drie dogters. Die oudste, Carmen, studeer grafiese ontwerp, terwyl Marcelle (gr12) en Liani (gr10) albei in Hoër Meisieskool Paarl is.
Min mense weet dat Joubert ’n voormalige skoonheidskoningin is. Sy het in 1989 die Mej Karoo titel gewen en hiermee deurgedring tot die semi-finale van Mej Suid Afrika.
“Ek geniet dit om met mense te werk” vertel sy.
Hoekom sal agente verkies om by Rawson te werk?
“Rawson het ’n opleidingsakademie waar al die agente landswyd oplei word. Indien jy by Rawson begin, kan jy verseker wees dat jy nêrens anders in die bedryf dieselfde vlakke van opleiding sal ontvang nie.”
Watter toekomsplanne is daar vir Rawson Paarl?
“Alhoewel ek n goeie gevestigde verkoopsspan het sal ek baie graag Rawson Paarl wil uitbrei met ten minste nog drie verkoopsagente”
My verhuringsafdeling gaan ons spesifiek na groter hoogtes toe neem gedurende die res van 2012”
Artikel van : Paarl Post