Volmaanpiekniek by die Taalmonument
Venue: Taalmonument
Dates: 02/03/2018 to 02/03/2018
Times: 17:00 - 22:00
Soms is als net maanskyn en rosegeur, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ‘n heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg – en dit boonop ten bate van geletterdheid. Daarom nooi die ikoniese Afrikaanse Taalmonument se vriendelike personeel almal hartlik uit om saam met ons ‘n Volmaanpiekniek op Vrydag, 2 Februarie 2018, te hou.
Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei, berge en Kaapse Skiereiland geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer om 18:30 sal onder meer die simboliek van die monument, ‘n beeldhouwerk sonder weerga, verklaar.
Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (teen R300 vir twee persone, of R400 met ‘n mandjie ingesluit) by die Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Die onlangs vergrote en verbeterde Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Onthou ook asseblief warm klere en ‘n flits. Toegang is R30 per volwassene, R10 vir SA studente en pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek, en geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is by die Taalmonument beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot Volmaanpieknieks insluit.
Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.
Die volgende, en laaste, Volmaanpiekniek vir die somerseisoen vind op 2 Maart plaas. Vir meer inligting oor geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook.
Die Afrikaanse Taalmonument: kultuur, natuur en plesier. Én omgee vir die gemeenskap van hier.
Pricing & Booking Information
Entrance fees at the gate are R30 for adults, R10 for students and R5 for children (free under six years). No booking is required.
Venue Details & Map
Taalmonument
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paar
Telephone: +27(0)218723441 Email: admin@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.770247 Longitude: 18.950316