Valentynspiekniek by die Taalmonument
Venue: Taalmonument
Dates: 14/02/2016 to 14/02/2016
Times: 17:00 - 22:00
’n Valentynspiekniek word op Sondag 14 Februarie 2016 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangebied. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Die piekniek begin om 17:00 en die monument sal tot om 22:00 oop wees.
Kaartjies is vooraf by Computicket en die Taalmonument, asook by die hek beskikbaar teen R40 vir volwassenes en R10 vir kinders. Indien die weer sleg is, word die piekniek afgestel. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.
Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za.
Pricing & Booking Information
R40 Volwassenes
R10 Kinders onder 13 jaar
Venue Details & Map
Taalmonument
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paar
Telephone: +27(0)218630543 Email: admin@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.770247 Longitude: 18.950316