Die Heuwels Fantasties by die Taalmonument Tuinteater
Venue: Taalmonument Garden Theatre
Dates: 24/03/2018 to 24/03/2018
Times: 20:00
Die immergewilde Die Heuwels Fantasties bestyg weereens die Paarlberg vanjaar vir nóg ’n witwarm piekniekkonsert by die Taalmonument, dié keer op Saterdag, 24 Maart, in die Tuinteater. Of jy nou ‘n geharde aanhanger is of nog nooit die plesier van hul lewendige klanke ervaar het nie, is hierdie geleentheid beslis nie te versmaai nie. Boonop is dit die laaste konsert van hierdie somerseisoen en ten gunste van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders.
Die Heuwels Fantasties is ‘n alternatiewe pop-groep wat beskou word as die eerste suksesvolle elektroniese Afrikaanse groep. Dié baanbrekers van hul generasie beskryf hul musiek as “melodieuse liedjies geskryf op akoestiese kitaar met elektroniese en organiese instrumente geïnterpreteer. ‘n Mens noem dit seker pop.” Die Heuwels Fantasties het al vyf vollengte-albums opgeneem en opgetree by al die groot feeste in Suid-Afrika. Hulle het ook die verhoog gedeel met verskeie internasionale groepe, waaronder Kings of Leon, en getoer in lande soos Nederland, België en Engeland.
Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak. Bring jou eie drankies (geen glas) en piekniekmandjie of bestel een vooraf by die vergrote en verbeterde Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800. Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal ook te koop wees.
Kaartjies, wat gereeld uitverkoop word, is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R140 vir volwassenes, R130 vir studente en R70 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde of vure toegelaat nie.
Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Meer oor Die Heuwels Fantasties by www.dieheuwels.co.za
Pricing & Booking Information
R140 vir volwassenes
R130 vir studente
R70 vir kinders onder 13
Eie pieknieks welkom of bestel by Volksmond Koffiewinkel (021 863 2800)
Venue Details & Map
Taalmonument Garden Theatre
Physical Address: Gabbema DoordriftstraatPaarlberg
Paar
Telephone: +27(0)21863 0543 Email: kommunikasie@taalmuseum.co.za Website: http://www.taalmuseum.co.za/ Directions: Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg. Latitude: -33.770247 Longitude: 18.950316