Rieldans
Rieldans
Wat het `n askoek, bobbejaan en meerkat in gemeen? Almal is dansbewegings in die Rieldans wat as die oudste danssoort in Suid-Afrika gereken word.
Die Rieldans se oorsprong kan gevind word in danse wat die Khoi San uitgevoer het na `n jag of suksesvolle oes waar hulle om en om die vuur gedans het. Oorspronklik bekend in Namakwaland as die Ikhapara en word gekenmerk aan die energieke danspassies en fyn voetwerk.
Die Rieldans staan ook bekend as `n hofmakerdans en dus kry die kleredrag inspirasie by die helderkleure van pronkende diere.
Nou, eeue na die Rieldans se begin, is dit `n dans wat `n ware reënboog kultuur saam weef en weerspieël.
Die saamvlans van die klank van blikkitare, mondfluitjies en viool hits die dansers se ontuitpuntende energie en dansvernuf op die dansbaan aan. Eeue oue danspassies van die San jagters, met invloede van Ierse en Skotse formasie dans, alles uitgevoer op die maat van Boeremusiek, Nederlandse volksliedjies en minstreel liedjies van die Suide van Amerika.
Die Rieldans het veral in die veertiger en vyftiger jare geseëvier, maar het weer `n oplewing ervaar met dansers van alle ouderdomme wat saam bokspring, kapperjol, soos perde trippel en pronk en vlerksleep soos jong duiwe.
Die Rieldans is `n dans wat oorgedra is van generasie tot generasie. As die ouers gedans het, het die kleintjies sit en kyk en so ook die passies geleer.
Die ATKV het hierdie unieke en eg Suid-Afrikaanse dans onder hul vlerk geneem. Om te verhoed dat die dans uitsterf is `n landswye Rieldans kompetisie teweeggebring.
Die finale van die 7de agtereenvolgende jaar se ATKV Rieldanskompetisie vind weer hierdie jaar op Saterdag 1 Desember 2012 by die Liqui-Fruit Amfiteater in die Paarl plaas.
Die semi-finaal was in Citrusdal gehou waar deelnemers dit uitgespook het om deur te dring na die finaal.
`n Prys was ook uitgedeel aan die beste Rieldansmusikant en individue wat uitgeblink het in hul verskeie katagorieë.
Junior Finaliste
Rapystone (Fraserburg)
Rietfontein (Fraserburg)
Die Nuwe Graskoue Trappers (Wupperthal)
Calvinia Sitstappers (Calvinia)
Betjies (Betjiesfontein) – 2011 Wenner
Senior Finaliste
Witzenberg – driemalige kampioen
Peperbus(Fraserburg)
Loeriesfontein Kliptrappers (Loeriesfontein)
Knersvlakte Griekwa Rieldansers (Vredendal)
Om hierdie unieke dansvorm in lewende lywe te sien en ervaar, moet u nie die ATKV Rieldans Finaal misloop nie.
Lees meer daaroor hier.
Riel dancing is considered as South Africa’s oldest dance form originating from the Khoi San celebratory dance, Ikhapara. This lively dance was danced around the campfire after hunting expeditions or good harvests.
This unique dance is characterised by energetic, supple movements, colourful costumes and lively music.
In an effort to preserve the Riel dance from dying out, the ATKV has been hosting a national competition for the past seven years with regional elimination rounds culminating in a final competition . The final this year will take place at the Liqui-Fruit Amphitheatre in Paarl where contestants can strut their stuff in their quest to bring home the crown as best dancers in their respective age groups.
Don’t miss out on this spectacular dance competition. Read more about the 2012 ATKV Rieldans Final here.
Sources: http://www.atkvprojekte.co.zahttp://afrikaans.news24.com
http://www.solms-delta.co.za