Datum en tyd: Do 27 Jun 9:00; Do 27 Jun 11:00; Vr 28 Jun 9:00; Vr 28 Jun 11:00; Sa 29 Jun 09:00
Plek: ATKV-Boeke-oase, Hoërskool Nelspruit Kultuursentrum
Tydsduur: 60 minute
Prys: R82 per kind
Bespreek hier: Computicket
`n Hele storiedorp om te ontdek!
Hierdie opwindende produksie is een van die groot treffers die afgelope twee jaar, en vir die derde Storie-krol vanjaar word nog meer verbeeldingryke verrassings vir die kleinspan beplan! Dit is sommer groot boeke-pret vir want min dinge betower soveel soos `n regte-egte storie…
Binne die storiedorp is vier verskillende storietente en die kleingoed ?krol? van die een na die ander om na verskillende voorleesstories te luister. Elke storietent word omskep in `n fantasiewereld om by die spesifieke boek te pas en sal die kleuters se verbeelding aangryp. `n Klein bederfie vir elke kleuter se goeters-sakkie (goody-bag) word by elke storietent uitgedeel.
Die Kinder Storie-krol is gemik op 2-8-jariges, en word gelei deur ervare kleuterskoolpersoneel. Mammas en pappas kan die kleingoed begelei (gratis) of ontspan by die koffiewinkel by die ATKV-Boeke-oase terwyl die kleuters meegevoer word na `n wereld vol stories.
Hier ontdek kleingoed op `n prettige manier hoe lekker lees is, en dat boeke `n mens sommer baie slim maak!
Gradering: 2-8 jariges
Datum en tyd: Do 27 Jun 9:00; Do 27 Jun 11:00; Vr 28 Jun 9:00; Vr 28 Jun 11:00; Sa 29 Jun 09:00
Plek: ATKV-Boeke-oase, Hoërskool Nelspruit Kultuursentrum
Tydsduur: 60 minute
Prys: R82 per kind
Bespreek hier: Computicket