My vrou se man se mannetjie by Innibos 2019
Fotos deur: Riaan Swanepoel
Artikel deur: ShowMe Nelspruit
Sensasionele optreding op sy beste! (ouderdom beperk)
Mbombela – Indien u lus is vir n meer opwindende toneel vertoning by Innibos Laeveldse Nasionale Kunstefees die jaar, dan moet glad nie “My vrou se man se mannetjie” misloop nie! Dit is verseker n lê-op-die-grond tipe vertoning met n dinamiese produksie span!
Isak en Linda se huwelik is op ʼn sewentien-jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê … veral meer opwinding.
Isak aan die anderkant, is heel gelukkig met sy saai lewe – hy het ʼn suksesvolle kunsblommebesigheid en wy sy hele bestaan daaraan. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die diepste donkerte.
Voeg egter daarby ʼn seniele oupa Arnoldus, inmengerige bure, Herman en Bettie en ʼn sestienjarige, jeukerige seun, Chris, en jy het ʼn totale resep vir chaotiese
Volg ShowMe Nelspruit hierdie week vir daaglikse artikels en fotos van hierdie jaar se Innibos Nasionale Kunstefees!
Vind meer inligting oor Die Sjokeladeshow hieronder:
Toneel: Klug / Komedie
Met Cobus Venter, Edrien Erasmus, Johan Joubert, Marissa Claasen, Paul Lückhoff en Rowlen von Gericke
Teks: Ray Cooney en John Chapman
Regisseur: Frans Swart
Assistent regisseur: Gustav van Rooyen
Gradering: Geen o/14
Datum en tyd: Wo 26 Jun 19:00; Do 27 Jun 10:00; Vr 28 Jun 17:00; Sa 29 Jun 09:00
Venue: Lowveld High
Tydsduur: 135 minute (pouse ingesluit)
Prys: R152
Bespreek hier: Innibos