Fotos / Photos: Bietjie-Bietjie BOS 2021!
Bietjie-Bietjie BOS 2021 | Fotos
Marlet – Small Time Music Blog – “Die Bietjie-Bietjie Innibos was behoorlik die gons van die Laeveld oor die eerste week in Desember 2021. Van teater stukke soos “Wat As” tot “Groet die grotman”, klassieke musiek met harp en klavier, gedigte voorleesing met die Laeveldste beste digters en natuurlik musiek.
Vrydag aand was meer die rock ‘n roll met Elandre, Francois van Coke, Spoegwolf en ‘n paar skatte uit die Laeveld – 0260 en Coenie Naude. Die studente het hulle gate uit geniet en klip hard saam gesing.
Saterdag aand was die aand rustiger as ‘n gewone Saterdag by Innibos. Groot name soos Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Bok van Blerk het die mense in hul hande gehad. Rooksein uit Potchefstroom het hul eerste draai in Nelspruit gemaak en Anni-Mari, Laeveld se eie Celine Dion, het ook die aand mooi gesing.
Alhoewel dit kleiner (maar getrain) was, was Bietjie-Bietjie Innibos ‘n ware lekkerte gewees met pizza cones en ‘n koue drink dingetjie by.”
Mbombela – Hier is al ons fotos van hierdie jaar se bietjie-bietjie BOS Kunstefees!
Dit sluit die gebeurtenisse in en om die feesterrein. Ons span het elke dag mense rondom die feesterrein afgeneem, so gaan loer gerus of jy jouself kan vind tussen die fotos wat geneem was tydens die fees tydperk!
Foto Gallery:
Groet die Grotman 2
Handwerkkunsklas
Kliphard Kyknet Konsert
Kyknet bietjie-bietjie Konsert
Vorige jare se fotos: 2016 | 2017 | 2018 | 2019