Die Buddy Holly Show by Innibos 2019 | Nelspruit
Artikel en Fotos deur: Lizette van der Merwe
Die Buddy Holly show slaan jou asem weg met sy vuurwarm, handeklap en voetestamp energie.
Die laat ‘50ers se rock-en-roll ontploffing vat jou saam op ‘n mallemeulerit van nostalgie, opwinding en pure pret. Musiek en toneelspel is uit die boonste rakke – moenie dit misloop nie!
Brendan Peyper is perfek in die rol van die naïewe, dog geïnspireerde pop-ikoon en die hele span verdien die staande applous wat hulle kry. Voorwaar ‘n briljante produksie!
Foto Gallery:
Comments