Innibos Kunstefees gee terug aan gemeenskap
Mbombela – Innibos Nasionale Kunstefees het hierdie jaar besluit om nog meer terug te gee aan die gemeenskap, maar benodig ook julle hulp.
Hulle het besluit om hierdie jaar, in samewerking met Crosssing Centre in Nelspruit, vir Nelspruit DBV asook Pro-Life pet Rescue kos in te samel. Die geleentheid het kreatiwiteit benodig en in plaas daarvan om ‘n groot versamelingshouer die sentrum neer te plaas, het hulle ‘n olifant gemaak uit staaldraad om die dierekos te hou.
Olla die olifant gaan hierdie jaar agterop ‘n sleepwa gelaai word vir die jaarlikse Innibos Parade, met die hoop dat hy propvol dierekos gevul gaan wees om na die fees uitgedeel te kan word aan die twee nie-winsgewende maatskappye.
Crossing SuperSpar neem ook deel en het tans ‘n spesiale aanbod op selektiewe dierekos produkte. Gaan koop gerus daar of bring jou eie en maak ‘n verskil in JOU gemeenskap saam met Innibos Nasionale Kunstefees en Crossing Centre Nelspruit vandag!
Sien n paar fotos hieronder…