LOCAL IS LEKKER SPESIALE AANBOD VIR INNIBOS 2024!
Innibos het goeie nuus om te deel: Met die hulp van Jonsson Workwear kan Innibos wel ’n “Local is Lekker” spesiale aanbod aanbied vir weektoegangskaartjies na die fees teen ’n afslagprys vir Laevelders!
Teen slegs R500 (m.a.w. ’n hele R160 korting) kan jy nou ’n weektoegangskaartjie koop vir die hele feestydperk. Dit sluit die Huisgenoot Afskopkonsert op Donderdag 27 Junie, Die Jacaranda FM-konsert op Vrydag 28 Junie en die kykNET-konsert op Saterdagaand, 29 Junie in.
Van Suid- Afrika se gewildste kunstenaars gaan aan hierdie konserte deelneem. Dit sluit name in soos Juanita du Plessis, Appel, Rian Benade, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Bok van Blerk, Early B, Elvis Blue en Ricus Nel, om maar net ’n paar te noem. Op Saterdagaand is daar ’n vol orkes, dansers, spesiale effekte en die Mzanzi Jeugkoor wat verdere luister aan die program sal gee.
Buiten die fantastiese hoofverhoogkonserte bied die feesterrein ook ’n lekker komedieprogram by die Lavelder Boma Kuierteater, kinderteater en aktiwiteite vir kinders by die SPAR Woelwaters-venue, en drie kuierverhoë waar daar elke dag ’n vol vermaakprogram aangebied word met kunstenaars soos die Coffee Snobs, Damian Beer, Janie Bay en vele ander. Op Saterdagaand is daar op die kykNET Kuierverhoog ook vir die jonges van gees ’n alternatiewe konsert met kunstenaars soos Zaan Sonnekus, Mathew Gold, Coenie Naudé en Die Heuwels Fantasties.
Daar is in totaal meer as 200 kunstenaars wat op die feesterrein optree, en al hierdie vertonings is gratis by jou hektoegang ingesluit. Maak dus gebruik van die Local is Lekker aanbod en maak seker dat jy nie die grootste, lekkerse, beste fees in die Laeveld misloop nie! Daar is slegs ’n beperkte aantal van hierdie spesiale aanbod kaartjies beskikbaar. Kom dus vroeg!

Thokozani Mathebula (links) en Zanele Manikele(regs) Van Jonssons Workwear en Casey Schaeffer van Innibos (middel) met die Local is Lekker weekkaartjies.
IN ‘n BLOKKIE
Die Local is Lekker kaartjies word op Saterdag 22 Junie vanaf 09:00 by Jonsson Workwear se winkel in Eastern Boulevard, Riverside Park, verkoop (naby Makro).
Slegs kaarttransaksies (geen kontant)
Maak seker jy is daar!