Kom geniet musieknote, verfkwaste en klei by Innibos 2023
Kuns inni Liedjiebos is ‘n unieke konsert wat die hoogtepunt vorm van maande se gewerskaf met musieknote, verfkwas en klei. Die bekende musikant Lizanne Barnard het verskeie kunstenaars en lede van die publiek genooi om gedigte te skryf oor vars, vernuwe, groei en geluk wat aansluit by Innibos se tema vir 2023. Sy het ‘n aantal van hierdie gedigte getoonset en het interessante kombinasies van instrumente en sangstemme ingespan om die musiek te orkestreer. Die konsert sal gehou word by die pragtige Christie’s at 32 on Russell in Sonheuwel.
Jan Blohm, ‘n gewilde gaskunstenaar, sal ook ‘n sielvolle uitvoering van sy liedjies gee. Hierdie konsert is egter nie net oor musiek nie, want daar is ‘n kunsuitstalling wat kunswerke insluit van beeldhouers, keramiekkunstenaars en skilders wat die gedigte uitbeeld. Die leerders van plaaslike skole het ook bygedra deur pragtige gedigte en kunswerke in te stuur, en die wenners van die Canary Walk-kompetisie sal ook deelneem aan die gala-aand.
Hierdie is ‘n uitstaande samekoms van kuns uit uiteenlopende genres: ‘n ware viering van talentvolle skeppings. Die kunsuitstalling sal gedurende die week beskikbaar wees, maar slegs beperkte kaartjies sal beskikbaar wees vir die musiekkonsert-galaaand. ‘n Vingerete sal ook bedien word. Wees deel van hierdie unieke kunservaring by die INNIBOS FEES en vier die kreatiewe uitdrukkings van die menslike gees.
INNIBOS 2023 BIED VANJAAR KUNS INNI LIEDJIEBOS
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr 30 Jun 18:00
Venue: Christie’s at 32 on Russell
Tydsduur: 80 minute
Prys: R300
(Sluit heerlike vingerete in)
KAARTJIES BESKIKBAAR BY COMPUTICKET