Innibos 2017 Fotos | Vrydag – Kinder Boeke-Krôl
Mbombela – Die Kinder Boeke Krol was ‘n reuse sukses te danke aan die ongelooflike moeite en kreatiwiteit van die kleuterskole wat deelgeneem het: Mosaïek Opvoedkundige Sentrum, Acacia Preprimêr, Chirpy Baba en Kleuter Sentrum, Bennie Boekwurm Speelgroep, Rainbow Kids Kleuterskool en Kabouterland Kleuterskool.
Binne die storiedorp was daar ses verskillende storietente en die kleingoed het lekker “gekrôl” saam met Babalela van die een na die ander om na verskillende voorleesstories te luister. Elke storietent was omskep in ’n fantasiewêreld om by die spesifieke boek te pas en het die kinders se verbeelding aangegryp. ’n Klein bederfie vir elke kind se goeters-sakkie (goody-bag) was by elke storietent uitgedeel.
Loer gerus deur ‘n paar van die foto’s van Vrydag hier: