Bietjie-bietjie-Bos lui die somervakansie in
Die Laeveldse somervakansie skop vanjaar van 1 tot 5 Desember af op ’n hoogtepunt met Bietjie-bietjie-Bos van Standard Bank Innibos Kunstefees.
“Dié fees is wel op ’n kleiner skaal vanweë die Covid-19-regulasies, maar bietjie-bietjie gaan ons iets van alles aanbied wat Innibos-feesgangers jare lank al geniet,” sê Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos Kunstefees.
Daar word tans hard gewoeker aan die program wat twee opwindende feeskonserte asook verskeie musiek, teater, kuns, boeke en leefstyl aanbiedings insluit.
Die volledige program sal binnekort bekendgestel word.
Bietjie-bietjie-Bos kicks off the 2021 Summer holidays
Summer holiday’s will be kicking off on a high note in the Lowveld when Standard Bank Innibos will be hosting Bietjie-bietjie-Bos from 1 to 5 December 2021.
“The festival will be smaller than usual due to Covid-19 regulations, but dynamite comes in small packages and we’ll be giving you a little bit of everything that people love about Innibos” says Sandra Jacobs, media and marketing manager of Innibos Arts Festival.
The team is working harder than Santa’s elves to get the line-up filled with exciting music concerts as well as theatre, art, literary, and lifestyle shows.
The full program will be announced soon.