Middies wys hul slag tussen top skole
Middies het hierdie jaar vir die eerste keer in ‘n nuwe afdeling van die NWU-sportreekse meegeding teen skole soos Menlopark en Waterkloof en as skool algeheel vyfde geëindig!
Hul wintersporte eindig algeheel derde.
Kleiner sportsoorte
Die kleiner sportsoorte is ‘n week voor die ander gehou en is die uitslae as volg:
Fietsry: eindig algeheel negende.
Gholf: eindig algeheel vierde.
Landloop: eindig algeheel negende.
Muurbal: eindig algeheel sewende.
Skaak: eindig algeheel negende.
Tennis: eindig algeheel vyfde.
Middies se kleiner sportsoorte eindig algeheel agtste
Finaal wintersport
Die finale vir die wintersportsoorte is in Pretoria gehou met Hoërskool Eldoraigne as die gasheerskool.
Die uitslae is as volg:
Dogtershokkie:
o/14A verloor teen Transvalia 0-1, eindig vierde.
o/14B wen Kemptonpark 1-0, eindig derde.
o/15A wen Transvalia 4-1, eindig derde.
o/15B wen EG Jansen 3-0, eindig derde.
o/16A gelyk Kemptonpark 2-2, eindig vyfde.
o/16B wen Kemptonpark 8-0, eindig derde.
Tweedes gelyk Kemptonpark 0-0, eindig vyfde.
Eerstes wen Kemptonpark 3-0, eindig derde.
Die dogtershokkie eindig algeheel derde.
Lees die volle artikel op: Middelburg Observer