Drawwers ondersteun kankerbewusmaking
Die Life Midmed Hospitaal en die Rooies Atletiekklub het Saterdag die ‘Run for Life’-wedloop by Laerskool Dennesig aangebied vir kankerbewusmaking.
Oktobermaand is borskanker- en November prostaatkankermaand en daar is besluit om die twee te kombineer met ’n gesamentlike wedloop oor kankerbewusmaking.
Die wenners van die verskillende kategorieë as as volg:
Die 5km pretloop is gewen deur Ntando Zulu, met Kayla Coetzee as die eerste vroue-atleet oor die wenstreep.
10KM Mans
Ope: Sandile Ndlangamande, Mondli Lifa Matshiana, Thomas Prinsloo.
Juniors: Sandile Ndlangamande.
50+ (meesters): Ignus Gouws.
60+ (grootmeesters): Pierre Rosebud.
70+ (groot-grootmeesters): Piet Britton.
10KM Vroue
Ope: Fransuné du Toit, Sanet Maritz, Christiné Kruger.
Junior: Petra Wassenaar.
40+: Christiné Kruger.
50+: Erika Clarens.
60+: Elize Bruwer.
Stappers: Ester Liebenberg.
Lees die artikel op: Middelburg Observer