Reaksielede spoor motorfiets binne minute op
Reaksielede van Mid Alarms het vanoggend in die vroeë oggendure ’n motorfiets binne minute teruggevind vandat dit gesteel is.
Hulle het om 20:21 reageer op ’n noodsein in Droëbergstraat (Aerorand) nadat die familie se honde begin blaf en hulle deur die venster gesien het hoe die diewe met die BMW motorfiets die straat af verdwyn.
Reaksielid Douglas Urquhart was binne minute by die familie se huis en het vir sy kollegas Beneen Groenewald, Bennie Landman en Dolf Labuschagné gevra om die area te fynkam.
Beneen en Bennie het in Mandelastraat rondgeflits en Dolf het na die Mandelabrug gejaag, om te kyk of die diewe nie dalk daar in die omgewing met die motorfiets skuil nie.
’n Paar treë vanaf die Pongolastraat indraai, het Beneen omstreeks 02:32 iets sien blink tussen die lang gras en bome en het stadig in trurat teruggery om te kyk wat dit is. Hulle het weer in daardie rigting gelig en die motorfiets in die veld gekry.
•Buiten krapmerkies waar die motorfiets in die veld gelê het, het die diewe ook die stuurslot van die motorfiets gebreek. •Die boewe het toegang tot die erf gekry deur die hekmotor buite aksie te stel en die hek oop te skuif. Daarna het hulle die motorhuis oopforseer.