Dodelike snoetneuskobra by besigheid gevang
’n Dodelike snoetneuskobra, wat glad nie in Middelburg voorkom nie, is vanoggend by ’n besigheid in Jeppestraat gevang.
Bernard van den Berg sê die eienaar van die besigheid het hom gebel en hy het dadelik soontoe gery.
Met sy aankoms was hy verbaas om te sien dit is die giftige snoetneuskobra.
Hy het hom gevang en later deur die oggend buite Middelburg veilig losgelaat.
Bernard is ’n komiteelid van die Middelburg Dierebeskermingsvereniging.
Victor Boshoff (voorsitter van die Middelburg Herpetologiese Vereniging) sê dit is die eerste snoetneuskobra waarvan hy weet wat in Middelburg gevang word.
Read the full article on: Middelburg Observer
Comments