Angels gee R20 000 vir krokodil-slagoffer se onkostes
Anthony is Saterdag deur ’n krokodil aangeval op ’n plaas tussen die klowe op die Avontuurpad.
Die reuse krokodil het hom in sy kake gehad en hom begin draai, waarop Anthony se vrou, Annalize, die krokodil met ’n stomp op sy kop geslaan het.
Hy was aanvanklik in die Middelburg Hospitaal, maar weens die aard van sy beserings het vriende hom geskuif na die Life Midmed Hospitaal.
Die kostes vir die hospitaal gaan teen minste R100 000 beloop en die skenking van R20 000 sal beslis ’n groot hap uit die kostes haal.
Martin Bester (Radio Jacaranda) het vanoggend met Anthony ’n onderhoud gevoer en is hy hiertydens in kennis gestel dat die Angels R20 000 skenk. Hy het ook besighede uitgedaag om te help met die hospitaalkostes.
Read the full article on: Middelburg Observer