Opelug-Musiekkonserte Keer Terug Na Die Kknk

Prime Circle
As deel van dié immergewilde opelug-musiekprogram, kan feesgangers uitsien na ’n fees van musiek deur van ons land se gunstelinge.
Om af te skop word daar as’t ware amok gemaak terwyl die fees afgesluit word met ’n spesiale konsert op Paassondag, geskep deur Nataniël.
As deel van dié immergewilde opelug-musiekprogram, kan feesgangers uitsien na ’n fees van musiek deur van ons land se gunstelinge.
Gehore kan gereedmaak vir opelugklanke van rock, pop, klassieke musiek en rymklets tot jazz en alles tussenin – die hele ketoetie wag beslis hier op musiekliefhebbers.
Die 27ste KKNK, geborg deur Absa, word van 1 tot 9 April in Oudtshoorn aangebied en skop af met ’n tweedag-musiekfees, Amok!, op Saterdag 1 en Sondag 2 April. Feesgangers kan hulself vanaf vroegmiddag gemaklik maak vir ’n lekker kuier, wat hulle tot sononder onder die Klein Karoo-sterre voortsit.
Saam met die topgehalte musiek deur verskeie kunstenaars en bands, vul die kroeë, geselligheid en ’n paar verrassings die aanbod aan.
Op die verhoog vir Amok! 1.0, ondersteun deur kykNET, op Saterdag 1 April, is onder andere Prime Circle, Refentse, Sunset Sweatshop, Die Heuwels Fantasties, Jo Black, Francois van Coke en vele meer. Sondag 2 April sit Amok! 2.0, ondersteun deur kykNET en Son, die topgehalte vermaak voort met onder andere Early B, YoungstaCPT, Loufi, Frazer Barry, Tribal Echo, Anton Goosen, Valiant Swart, Sima Mashazi, Hakkiesdraad en vele meer.
![]() Lynelle Kenned ![]() Nataniël |
![]() Early B ![]() Refentse |
’n Spesiale sakpas-pakketkaartjie is beskikbaar vir beide konserte, vir diegene wat nie ’n enkele oomblik wil mis nie.
Donderdag 6 April is dit Spoegwolf en vriende, ondersteun deur kykNET en Netwerk24, se beurt om feesgangers op die Karoo-opelugverhoog te vermaak. Hulle eerste shows ooit was in 2012 by die KKNK. Nou, meer as ’n dekade later, is hulle terug.
Hulle bring al hulle energie, ligte en harde musiek na die verhoog, met hulle grootste en malste show in ’n lang tyd. Koos Kombuis en Deon Meiring sluit onder andere by hulle aan.
Vir Die grootste Karoo-paartie ooit, ondersteun deur kykNET, op Vrydag 7 April is dit tyd om van enige sorge te vergeet en partytjieskoene aan te trek vir ’n groot jol met onder andere Kurt Darren, Jo Black, Granville Michaels, Tracey-Lee Oliver en Jaconell Mouton. Dis groot internasionale treffers, gunstelinge uit eie bodem en ’n Karoo-paartie wat gaan sorg vir ’n onvergeetlike aand!
Aandkonsert-kaartjies sluit boonop toegang tot die Feesmark vir die dag in, waar stalletjies, die eerste KKNK Feeswinkel, pretpark, Liplekker se deli- en wynstalletjies, verskillende kroeë en kosstalletjies deur die dag besoek kan word.
Vir Die grootste Karoo-paartie ooit, ondersteun deur kykNET, op Vrydag 7 April is dit tyd om van enige sorge te vergeet en partytjieskoene aan te trek vir ’n groot jol met onder andere Kurt Darren, Jo Black, Granville Michaels, Tracey-Lee Oliver en Jaconell Mouton. Dis groot internasionale treffers, gunstelinge uit eie bodem en ’n Karoo-paartie wat gaan sorg vir ’n onvergeetlike aand!
Die volledige feesprogram vir die KKNK is beskikbaar by kknk.co.za en kaartjies is aanlyn beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay. Verblyfbesprekings kan ook aanlyn gedoen word.
Vir meer inligting, kontak die KKNK per e-pos by info@kknk.co.za, telefonies by 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.
Bron:Knysnaplettherald









