Hier kom die nuwe boere
Hier is die tien nuwe boere wat gekies is vir die derde reeks van Boer soek ‘n vrou wat op 16 September op kykNET begin.
Wie dink julle gaan dit maak? Gaan stem vir jou gunstelingboer by www.rooirose.co.za en jy kan een van vyf lesers wees wat Clarins-lyf produkte van R2 225 elk wen.
Bennie (29) is passievol oor boerdery, die natuur en mense. Hy speel rugby, jag, vang vis en neem aan motor-fiets-veldrenne deel. Hy se jaloesie kan ‘n verhouding knak. Hy het geleer ‘n paar-tjie moet mekaar aanvaar vir wie en wat hulle is, en nie vir wat hulle het of besit nie. Hy is eerlik, betroubaar en beginselvas, maar ook ongeduldig. Hy rook en stres onnodig.
Erik (31) is saggeaard (eintlik te saggeaard, se hy), gasvry, liefdevol en opreg. Hy werk hard en is mal oor boerdery en diere, veral oor sy worshond wat saam boer. Hy glo dat jy jou verhouding op Christelike waardes moet grond. Wees eerlik. Dra jou maat op die hande sodat sy voel sy is die belangrikste mens in jou lewe. Bid vir die verhouding en vra dat julle net die mooi in mekaar sal raaksien.”
Fredrick (23) is n selfonderhoudende, krea-tiewe en konserwatiewe ou met boerdery in sy bloed. Hy hou van uitdagings en probeer om soveel moontlik aan te pak. Hy het op skool laas ‘n verhouding gehad maar glo vertroue is die sleutel tot sukses. Hy is liefdevol, vergewe gou maar hy is ook humeurig, praat baie en vertrou nie maklik ander mense nie.
Hannes (24) “Ek is ‘n boer. Dis so eenvoudig soos dit. Ek ry ‘n ou Hilux-bakkie en dra velskoene fliek toe.” Hy lag maklik, maar kan ook ernstig wees. Sy verhoudings het hom geleer niemand is perfek nie; sy ego is sy grootste vyand; kommunikasie bring ‘n mens nader aan mekaar (vry werk ook); erken as jy verkeerd was; moenie ‘n vrou probeer verstaan nie, (dis onmoontlik!) – wees net lief vir haar.
Jacobus (30) is ‘n jong, stabiele, pligsgetroue boer met reuseplanne vir die toekoms. Hy is positief, met ‘n sin vir humor en baie deursettingsvermoe. Hy kom uit ‘n standvastige ouerhuis. Hy se hy het nie slegte eienskappe nie. Volgens hom werk verhoudings as jy altyd eerlik is, nie kwaad gaan slaap nie en probleme sommer dadelik oplos. En los ‘n vrou uit wat van konflik hou!
Keith (34) is ‘n energieke, positiewe, buitelugmens wat ander wil help en ‘n verskil in hul lewe wil maak. Hy hou van avontuur, bergklim, roei, musiek en die kunste. Oor verhoudings het hy geleer luister en hoor is belangrik. Wees bereid om jou maat tegemoet te kom en moenie te gou ernstig word nie. Hy se hy is ambisieus, vol selfvertroue en verantwoordelik, maar ook hardkoppig, ongeduldig en reguit.
Kleintjie(29) hou van mense en maak maklik vriende. Hy kan nie lank vir iemand kwaad bly nie, maar is soms humeurig. Hy is passievol oor die buitelewe, diere, boerdery, sport en aktiwiteite wat die adrena-lien laat pomp. Hy glo eerlikheid en goeie kommunikasie is van kardinale belang in ‘n verhouding. As iets jou pla, moet jy dadelik praat. Maar dis tog noodsaaklik dat elkeen sy eie ruimte in ‘n verhouding moet he.
Pieter (25) is ‘n helikoptervlieenier en mal oor vlieg en watersport. Hy oefen graag en kuier lekker in die stad. Hy het ‘n diep, gees-telike verhouding met die Here. Hy is lojaal, se moeilik nee en is soms waaghalsig. Hy se dis belangrik dat ‘n man nie net na liefde in ‘n vrou moet soek nie, maar ook ‘n lewensmaat wat jou belangstellings met jou deel. Wedersydse respek, begrip en vertroue is ononderhandelbaar en onvoorwaardelik.
Renier (38) segroot liefde is die teel en skou van swart Angus-beeste. Hy kook graag as hy saam met vriende en familie kuier en lees veral militere geskiedenis. Hy het geleer om sy maat se liefdestaal te verstaan en vervul: dis ‘n man se werk om sy vrou gelukkig te maak. Hy het ‘n goeie humorsin en is eerlik en lojaal. Sy vorige meisies se hy is liewer vir sy honde en beeste as vir hulle en hy is nie sterk op admin nie!
Vlok (32) is opbeurend, spontaan en liefdevol. Hy hou van ‘n gesonde lewe, hard oefen, kos maak en lekker wyn. Oor verhoudings se hy jy moet nooit jouself minag en dink jy is nie goed genoeg nie. Moenie vergeet wie jy is nie, wees altyd jouself en baie eerlik. Moet nooit iets vir jou vrou wegsteek nie, dit verbreek vertroue en kan nie maklik herstel word nie. Sy slegste eienskap is dat hy soms take uitstel wat tot afstel lei.
Foto’s by Kyknet. Uit die Oktober 2010 uitgawe van rooi rose.
|
Intekening. Teken in op Rooi RoseAs jy hierdie artikel geniet het, en graag meer wil lees oor mode, dekor, skoonheid en styl, hoekom teken jy nie in op hierdie wonderlike tydskrif nie? Gee ‘n Geskenk Intekening aan ‘n VriendinAan die uitkyk vir ‘n geskenk vir iemand wat dol is oor die nuutste styl wenke en onthaal idees? Laat hulle hierdie uitstekende tydskrif van jou ontvang elke maand. Nuutste Uitgawe van Rooi RoseSien wat in die nuutste opwindende uitgawe van Rooi Rose is. |