WEN ‘n Franse spa-wegbreek van R70 000
Een gelukkige leser en ‘n metgesel kan ‘n THALGO spa-ekskursie van R70 000 na Parys, Frankryk, wen!
Verbeel jou jy stap langs die Seine terwyl die son agter die Eiffeltoring sak; jy drink koffie by ‘n Paryse straatkafee; eet ‘n croissant vars uit die oond. Verbeel jou jy bring vier dae in die stad van liggies en liefde deur. THALGO La Beaute Marine, Frankryk se nommer-een-skoonheids-, spa- en velvoedingsreeks, kan jou droom bewaarheid met twee vliegkaartjies na Parys, akkommodasie en spa-behandelings by die sensasionele VILLA THALGO SPA. Bonjour Frankryk!
THALGO benut die doeltreffendheid van bestanddele uit die see en sien die oseaan as jou skoonheidstuin. THALGO volg ‘n holistiese benadering ten opsigte van sy produkte, behandelings en rituele sodat liggaam, vel en gemoed voordeel uit hul 45 jaar lange spesialisering in marine-behandelings trek. Die klem val op teenveroudering, verslanking en spa-rituele en behels van vel- en lyfreekse tot kragtige voedingaanvullers. THALGO is te kry in van Suid-Afrika se voorste spa’s en skoonheidsalonne.
En danksy THALGO kan die wenner en haar metgesel Parys vier dae lank verken, inkopies doen, en by die wonderlike VILLA THALGO SPA gaan ontspan. Die nuwe spa is gelee by die Paris TrocadEro wat op die Eiffeltoring en sy manjifieke tuine uitkyk – ‘n uitsonderlike plek wat waarlik aan gesondheid en skoonheid toegewy is.
By die luukse VILLA THALGO is elke element goed deurdink sodat alles – van die fiksheidsentrum tot die terapiekamers – bydra tot ‘n holistiese, rustige, elegante en verwelkomende atmosfeer.
Danksy rooi rose en THALGO sal die wenspan vir ‘n dag na die wereld van die VILLA THALGO SPA geneem word waar deskundiges met die beste advies oor teenveroudering en verslanking sal regstaan. Die wenners sal bederf word met ‘n ongeewenaarde spa-dag: Ontspan in die Dream Room; raak aktief in die fiksheidsentrum met die allerbeste fiksheidstoestelle tot jou beskikking; in die Sensory Rooms sal jy na ‘n ander wereld geneem word waar jy bewus sal word van algehele rus en skoonheid; in die Aquatic Experience-bad sal jy begin om die wereld se laste van jou skouers af te gooi met masserings uit verskeie werelddele, geinspireer deur die see en in die unieke THALGO-styl.
Die wenners sal by die Best Western Au TrocadEro tuisgaan (ontbyt ingesluit) wat op die Eiffeltoring en die Champ de Mars uitkyk van waar dit maklik is om by al die belangrike toeriste-attraksies in Parys uit te kom. Met THALGO sal jy droomstad Parys met sy wonderlike argitektuur, kultuur en fynproewermaaltye kan ervaar en danksy VILLA THALGO sal jy heeltemal ontspanne en uitgerus terugkom.
Die reisplan DAG EEN Vlieg vanaf Johannesburg en arriveer vroeg die volgende oggend in Parys. Van daar sal julle na die hotel geneem word en kan julle Parys verder op eie koste verken. Oornag in ‘n dubbelkamer by die Best Western Au TrocadEro (‘n bewys vir aandete is ingesluit). DAG TWEE VILLA THALGO SPA en spa-behandelinge is op die lys. Oornag by die Best Western Au TrocadEro; aandete-bewys ingesluit. DAG DRIE Verken Parys op Jul eie en op eie koste. Oornag by die Best Western Au TrocadEro; aandete-bewys ingesluit. DAG VIER Die einde is hier. Julle sal van die hotel na die lughawe geneem word vir die vlug terug Johannesburg toe. Bepalings en voorwaardes geld.