Suksesvolle Groot Polisieoperasie in Die Streek
Die ontplooiing van senior polisiebestuur en verskeie polisie-eenhede op Maandag in die Tuinroete-distrik, as deel van die Wes-Kaapse Polisiëringstrategie, CEPPAT, het merkbare resultate opgelewer.
Daar is ook 612 voertuie saam met provinsiale verkeer deursoek en R32 350 se boetes uitgeskryf.
Die misdaadbekamping- en opsporingsoperasies het padblokkades, voertuigkontrolepunte, deursoeking van dwelmafsetpunte, sowel as ‘n geteikende benadering by taxistaanplekke ingesluit.
‘n Toegewyde span polisielede van die vuurwapen-, drank- en tweedehandse goedere-eenheid het ook nakomingsinspeksies by gelisensieerde drankwinkels, sekuriteitsmaatskappye, skrootwerwe en tweedehandse handelaars begin. Gebiede wat tydens die operasies gedek is, het onder andere George, Mosselbaai, Knysna, Plettenbergbaai, Oudtshoorn, Uniondale en Ladismith ingesluit.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het hierdie operasies gelei tot die inhegtenisneming van 76 verdagtes.
“Die inhegtenisnemings was vir 53 verskillende soorte misdade en 23 uitstaande lasbriewe. Daar is ook ‘n verdagte in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ‘n ongelisensieerde wapen en ammunisie, sowel as vyf verdagtes vir dwelmhandel, agt verdagtes vir die besit van dwelms, drie vir dwelmhandel, 29 ongedokumenteerde individue en vier vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.”
Spies sê daar is beslag gelê op 248 Mandrax-tablette, 815 gram dagga, 9 gram khat, ‘n ongelisensieerde wapen met twee rondtes ammunisie, en verskeie items wat vermoedelik gesteelde eiendom is.
Daar is ook 612 voertuie saam met provinsiale verkeer deursoek en R32 350 se boetes uitgeskryf.
Lees Meer..Knysnaplettherald