Wen ‘n sprokiestyd van R34000
Premier Hotels en Airlink gee vir een gelukkige rooi rose-leser en ‘n metgesel die kans om vir altesame ‘n week in Knysna en Kaapstad te gaan uitspan
Die plesiertog begin in die sjarmante Premier Hotel Cape Manor waar julle vir vier dae sal tuisgaan. Daarna vlieg julle met Airlink George toe vir nog drie dae en bly daar in die luukse Premier Hotel Knysna – The Moorings, voor julle terugvlieg Kaapstad toe.
Die Premier Hotel Cape Manor is net ‘n klipgooi van Kaapstad se Seepunt-promenade en bied weelderige akkommodasie, pragtige uitsigte op Tafelberg en die see, en is net vyf minute van die V&A Waterfront en die stad se mooiste strande.
Die Premier Hotel Knysna – The Moorings staan tussen oeroue melkhoutbome op die oewers van die lagune wat op die Knysna-koppe uitkyk. Dis die ideale blyplek vir toeriste wat die tuinroete wil verken. Hul Salmon-restaurant is bekend vir hul Mediterreense kosse wat met die beste, vars Kaapse bestanddele gekombineer word. Knysna is net ‘n paar minute vanaf die hotel.
Die wegbreek wat gewen kan word, bestaan uit vier nagte by die Premier Hotel Cape Manor en drie nagte by die Premier Hotel Knysna – The Moorings, ontbyt ingesluit. Dit sluit ook twee retoer- vlugte in vanaf Kaapstad na George en ‘n huurmotor van Avis vir vier dae in Kaapstad en drie dae in Knysna, afhangende van beskikbaar- heid. Die prys sluit nie lughawebelasting, vervoer na en van die lughawe en ander persoonlike items in nie.
Premier Hotels het verskeie hotelle en konferensiegeriewe landwyd. Bel 086 111 5555 of besoek www.premierhotels.co.za vir meer inligting.
Vlieg met Airlink.
Met Airlink kan jy met 27 verskillende regstreekse vlugte na bestemmings in Suidelike Afrika en eilande in die Indiese Oseaan reis. Airlink vlieg daagliks tussen Kaapstad en George en Durban en George. Alle Airlink-besprekings kom ook in aanmerking vir Voyager-myle.
Besoek www.flyairlink.com bel O11 451 7300, of gesels met ‘n reisagent.
Ry met Avis.
Met meer as 130 takke in Suidelike Afrika is Avis die voorste motorhuur-maatskappy en bied 45 jaar lank al uitmuntende diens aan sy kliente. Die maatskappy se leuse is nie verniet ‘We try harder” nie. Besprekings kan 24 uur per dag deur die klientediens gedoen word.
Besoek www.avis.co.za of bel 0861021 111 vir meer inligting.
Die Augustus 2011 uitgawe van Rooi Rose het al die besonderhede oor hoe om in te skryf. Sluitingsdatum is 31 Augustus 2011.