Die denke agter die Brander beeld
DIE DENKE AGTER DIE BEELD – deur Renier Viljoen, skepper van die Brander Beeld
Verskeie belangstellende persone gevra hoe die proses verloop wanneer n beeld gemaak word en of ek dit bv.eers teken .
Miskien sal dit goed wees om die proses in die huidige geval kortliks saam te vat omdat dit deels ook die rasionaal verskaf vir die plasing daarvan.
Jeffreysbaai is n aftree en vakansiedorp en om dit uit te beeld sou iemand seker n beeld van twee afgetredenes op n bankie of n paartjie met spelende kinders om hulle kon maak .[Dalk n volgende tema?]
Die onderskeidende element van ons dorp teenoor ander is egter tog dat dit n top plek vir branderry is.— vandaar die tema.
Ek het die onderwerp op Internet en fotos bestudeer en met talle branderplankryers bespreek wat waardevolle insette gelewer het om in my verbeelding n beeld te vorm van wat mens moet oorweeg.
Veral ook wat onderskeidende eienskappe binne die tema is.
Die proses was dus in wese die vorming van n prentjie in my kop—-ook omdat ek nie vaardig teken nie.
Daar moes oa. besluit word of dit n abstrakte figuur of meer lewensgetroue weergawe moet wees en ek het op n kombinasie daarvan besluit .
Volgens branderryers is dit vir hulle n hoogtepunt om in die tonnel van n brekende brander te wees en die prentjie in my kop moes hierdie element vasvang—daarom die gehurkte posisie waar houding belangriker is as verhoudings en abstraksies ingewerk kon word.
n Lang branderbeeld was moontlik maar onprakties en daarom het ek op figure van drie dwarssnitte deur n brander besluit:
• die eerste is die opbouende brander
• daarna die oorkrullende brander oor die branderryer
• en derdens die gebreekte brander wat die tonnel vorm.
Hierdie hantering van die onderwerp het ook n nuwe element ingebring naamlik dat die sentrale tema van die voorstelling , dws van n branderryer in die tonnel, hoofsaaklik verkry kan word deur die drie figure op te lyn—–eers dan is hy in die tonnel.
Hierdie element betrek ook die toeskouer [die een wat dieper waarneem] in n sekere sin by die aktiviteit.Mens kan hierdie beeld in die werklike lewe net verkry as jy in die water is en teen die opbouende brander geposisioneer is —-dis waarvandaan daar fotos na binnnein die tonnel geneem word .
Hierdie faset van oplyning om die kerngedagte van ‘n figuur weer te gee is waarskynlik n klein bietjie uniek en anders as die gewone.
By die branderplankryer het ek van die eienskappe wat tiperend is van die beoefenaars probeer vasvang en dit toe ietwat oorbeklemtoon,nl.
-die “broad in the shoulders and slender in the hips” gedagte .Vandaar die sterk ontwikkelde skouers en bolyf en skraal middellyf en heupe.
Die proses was hierna maar n geval van die gevormde prentjie gestalte te gee deur die vlekvrye staal raamwerk te buig en te sweis en met sement te bedek
Wat die gesig betref kon mens met n abstraksie volstaan het maar n meer realistiese aanslag was n lekker uitdaging omdat sement minder vergewendgesind is as bv.klei en n milimeter verandering by bv n ooglid neus of mond die hele geigsuitdrukking verander
Ek het eers oorweeg om die figuur vroulik te maak maar oor die meermin wat ek elders by n dam geplaas het was daar ook een klagte oor die naaktheid en het iemand vir haar n bra aangesit.
Daar was deur n Dromer voorgestel dat die figuur by een van die bekende ‘surfspots” geplaas word en verkieslik naby die ingang van die dorp .
Die element van oplyning wat ek wou bewerkstellig vereis dat die toeskouer horisontaal verby die figuur moet beweeg en hiervoor was die pad vanaf die stop by Tecoma ideaal.
Die oplyning word nou ook bewerkstellig vir besoekers aan ons dorp, wat in n motor aankom,
Verder is n seeagtergrond vanselfsprekend die ideaal, te meer nog waar branderryers self die agtergrond vir n foto vorm.
Hierdie faktore is almal aanwesig waar die beeld tans geplaas is en daarom het ek die Bromer se fyn aanvoeling baie waardeer en aanvaar.
Ek is jammer dat die plasing mense ongelukkig maak maar die beeld verskuil regtig nie die ware branderryers nie want jy is reeds daarby verby wanneer lg, [die ware Jacob] uit n motor sigbaar word.Die blommetjies staan op die kruin teen ongeveer 5-7 per vk m .Ek is jammer oor die ongeveer 15 plus wat ongelukkig in die slag gebly het.Vanuit die posisie van n woning strate weg met panoramiese uitsig oor 180 grade op ongeveer 30 verdiepings hoog is die beeld so ongeveer gelyk aan 1vk. sentimeter op n groot tv.skerm.
Ten slotte en weereens, ek is uiters ongemaklik met verwysings na “kunstenaar” of “beeldhouer” .Ek is net n ou met n stokperdjie en as ander mense dink dat ek n klein bietjie waarde byvoeg tot n mooi plek waar ek gelukkig woon is ek dankbaar en beloon—— ten spyte van besware oor plasing.Die dertigtal besoekers op perseel was vir een uitsondering uiters positief —- drie buitelanders in besonder.
Mooiloop,
Renier