Elke kind oor haar drumpel kruip diep in haar hart
Ronel Oosthuizen is ‘n vrou wat aan diegene wat haar ken as “ouma” bekend staan. Met haar groot moederhart sorg sy oor die laaste tien jaar vir minstens twintig ernstig siek kinders – die meeste van hulle babas.
Tien jaar gelede het Ronel Oosthuizen, nadat sy kolonkanker oorwin het, die eerste keer “ja”gese om ‘n ernstige siek kind tydelik in pleegsorg te neem en te versorg. Volgens haar het sy gevoel sy kry ‘n tweede kans in die lewe en moes sy dit gebruik om ‘n verskil te maak.
Sy het dit gedoen, min wetende dat dit ‘n besluit was wat die res van haar lewe sou beinvloed. Na die eerste keer kon sy net eenvoudig nie n kind in nood wegwys nie. Sy het wel besluit dat sy slegs kinders vanaf pasgebore babas tot en met die ouderdom van vyf jaar oud sal inneem.
Met haar agtergrond as verpleegkundige en bejaardeversorger is Ronel die aangewese persoon om hierdie enorme taak aan te pak. Sy neem ernstige siek babas in pleegsorg en verpleeg hulle tot hulle ge-sond genoeg is om na permanente pleegouers of kinderhuise te gaan. Dit neem soms maande en soms tot twee jaar.
“Deur die jare het ek al baie tra-giese gevalle gehad, van pasgebore babas wat as verslaafdes gebore is, tot kinders mettuberkulose, MlVofwanvoeding en parasiete as gevolg van ernstige nalatigheid deur ouers en voogde. Ek het al alles gesien. Soms huil ek net so hard soos die kinders wanneer hulle swaarkry. Ek dank die Here elke dag dat ek nog nooit n kind in my sorg verloor het nie, maar van hulle was al baie siek.”
Al kruip elke kind wat oor haar drumpel tree diep in haar hart in, het Ronel ongeveer ses jaar gelede met ‘n baie unieke situasie te doen gekry. Sy het ‘n dame bygestaan wat MlV-positief was en pas ‘n baba gehad het. Die moeder is ongelukkig oorlede en Ronel het besluit om haar baba permanent in te neem.
“Ek het haar moeder op haar sterfbed belowe dat ek na haar sal omsien, en dit is ‘n belofte wat ek sal hou. Sy is permanent in pleegsorg by my en het my uit haar eie uit begin ‘mamma’ noem. Sy weet haar eerste mamma is in die hemel, maar dat ek nou hier is om na haar om te sien. Naledi maak my lewe vol. Sy is my alles.”
Die pragtige dogtertjie kom spog met haar rapport, gesels opgewek oor haar “boeties en sussie” (die ander kinders wat tans by Ronel in tydelike sorg is) en haar katjie, Monalisa, tydens die onderhoud met Ronel.
il Sy is permanent in pleegsorg by my en het my uit haar eie uit begin ‘mamma’ noem. Sy weet haar eerste mamma is in die hemel, maar dat ek nou hier is om na haar om te sien. Naledi maak my lewe vol. Sy is my alles.
– Ronel Oosthuizen
Sy is opgewek en goed versorg, net soos elke ander kind in Ronel se sorg.
Sy vertel hoe sy soms nagte om sit met kinders wat nie ophou skree nie, as gevolg van dwelmonttrekking of fetale alkoholsindroom. Kinders met breinskade of ernstige trauma, wat gepaard gaan met verwaarlosing het ook dikwels ‘n agterstand in hul ontwikkeling.
Sr. Lynette Van Onselen, van die Healthy Mom and Baby Clinic, het aan Kouga Express gese dat die gemeenskap nie sonder Ronel sou kon klaarkom nie. “Sy neem kinders in waarvoor niemand anders kans sien nie en sy kry hulle gesond.”
Ronel werk gereeld saam met die staatshospitale, klinieke en department van sosiale ontwikkeling so-wel as plaaslike welsynswerkers om hierdie kinders te help.
Ten spyte van al die opofferings wat sy vir hierdie kinders maak, het Ronel geen inkomste nie. Sy gebruik die kinders se staatstoelae om sover moontlik vir hulle van kos en medikasie te voorsien, maar dit is nie naastenby genoeg nie.
Sy is afhanklik van weldoeners en vriendinne wat gereeld noodsaaklikhede soos doeke, kos, toiletware en skoonmaakmiddels aandra. Sy het ook onlangs kennis gekry dat sy die huis waar sy tans woon, moet verlaat.
“Dit is baie moeilik. Party dae weet ek nie waar die volgende maaltyd of elektrisiteit vandaan gaan kom nie, maar die Here sorg vir ons. Hy voorsien altyd. Hier is nie luxuries nie, maar ons het die basics.”
Ronel is in die proses om n NPO te stig, waarvan Sr Van Onselen en ‘n paar ander rolspelers op die be-heerraad is. Die hoop is dat dit haar sal help om in aanmerking te kom vir staatshulp. Die registrasieproses kan egter baie lank neem.
Enigiemand wat vir Ronel en die kinders wil help met skenkings, kan vir Sr Van Onselen kontak by die Healthy Mom and Baby Clinic, of items daar gaan aflaai.