Vrouedag verrassing vir vaardigheidskool leerders
Sune Jameson van Bredasdorp het leerders en onderwysers Vrydag by geleentheid van die Agulhas-vaardigheidskool se Vrouedag prog ram geinspireer om met oorgawe saam met haar strek- en rekoefeninge op die maat van opgewekte musiek tedoen.
“Elke dag is ‘n Vrouedag en elke vrou en meisie is spesiaal en ‘n ‘Super Hero’ in eie reg.”
So het Jenobia Kok Vrydag 6 Augustus op die vooraand van Vrouedag gese toe sy die vroue van die Agulhas-vaardigheidskool toegespreek het nadat hulle ‘n Vrouedag-program vir al die “jong dames in wording” gereel het.
Die twee gassprekers, Jenobia van Somerset-Wes en Sune Jameson van Bredasdorp, het albei bemoedigende en inspirerende boodskappe gelewer terwyl die onderwysers ook hul kant gebring het met bederfpakkies en iets lekkers vir elke meisie.
Etienne de Villiers, die nuwe hoof van die Vaardigheidskool, het die leerders verwelkom en ook sommer kortliks verduidelik waaroor Nasionale Vrouedag gaan en wat die betekenis van hierdie spesiale dag op die skool- en nasionale kalender is.
“Onthou dat die besluite wat n mens neem, uiteindelik bepaal hoe n mens se lewenspad vorentoe daar gaan uitsien. Om hierdie rede is dit belangrik om altyd verantwoordelike besluite te neem,” het De Villiers afgesluit.