Valiant se wiele draai steeds
Anena Burger Hy was in die jare negentig vir menige rock-liefhebber ‘n ikoon en later het vroue en jongmeisiesvoorjinx (dr.Johan Bruwer), diedokterin Song virKatryn, geswymel.
Pierre Nolte, of Valiant Swart soos hy in die volksmond bekendstaan, is noual 31 jaar in die musiekbedryf en is ook deesdae ‘n inwoner van Onrus. Dit is ook die eerste keer wat hy by die Kalfiefees, in sy nuwe tuisdorp, opgetree het.
Hy en sy vrou, Lanelle, het drie jaar gelede besluit om sak en pak na Hermanus te verhuis. “Ons het regtig ‘n change of scenery nodig gehad na soveel jare in Stellenbosch. Ons is mal oor Onrus; ‘n mens kan jou gang gaan en jouself wees. Ek mis glad nie die gejaag na to impress and belong nie,” vertel Valiant.
Valiant het nie net die hoofrol in Song vir Katryn gespeel nie, maar het ook die land vol gereis en by kunstefeeste en in dorpe en stede opgetree.
“Een van my hoogtepunte is die uitreiking van my eerste album, Die Mystic Boer, ‘n Ander hoogtepunt is die fenomenale sukses van Song vir Katryn- die Sama-wenner-album saam met Ollie Viljoen. Elke keer as ek voor ‘n gehoor optree en liedjies van die album sing, bly dit steeds ‘n hoendervel-oomblik.”
Valiant is een van daardie mense wat nie kan stilsit nie, en as die musiek eers deur sy are bruis, soos die afgelope 31 jaar, kryjy dit nie “gestol” nie. “Ekwil nog baie musiek maak en werk tans aan ‘n nuwe album. Verder wil ek my boek klaar skryf, my gesin geniet en nog baie reis,” vertel hy.
Hy en Lanelle is al byna 30 jaar getroud. Saam het hulle ‘n seun en ‘n dogter. “Ons seun, Robert, woon en werk in Kaapstad as ‘n kopieskrywer en studeer vir ‘n graad in omgewingstudies. Ons dogter, Helena, begin een van die dae met haar matriekeindeksamen aan die Hoerskool Hermanus.”
Vir Valiant is kunstefeeste belangrik, en soos hy se, “ek kyk op na enigiemand wat die guts het om ‘n fees te reel”.
Hy is ‘n bekende by kunstefeeste, en vir hom is dit ‘n heerlike geleentheid waar kunstenaars hul talente kan uitleef. “Ekgenietsommigefeeste meeras ander-dit hang maar af wat op aanbod is en of ek ‘n lekker blyplek het. By die Kalfiefees is dit natuurlikgeen probleem nie,” vertel hy.
En wat is sy motto in die lewe? “Die wiel buckle, maar hy draai…”