Spookstories vertel in dorp
Die aand is stormagtig; die wind loei om die hoeke van die ou gebou en dit reen hard – dis ‘n perfekte aand om spookstories te vertel. En dis presies wat Donderdagaand 26 Augustus by die Caledon-museum gebeur het.
‘n Handjievol mense het die stormweer trotseer om na hierdie interessante stories te kom luister. Die aand is begin met ‘n heerlike aandete – hoenderkerrie – by die Bougainvillea-restaurant, waarna die gaste na die Caledon-museum vertrek het. Die museum, wat in die ou Vrymesselaarslosie gehuisves word, was die perfekte omgewing vir ‘n aand se spookstories.
Die museumpersoneel het hulle uitstekend van hul taak gekwyt om n spookagtige atmosfeer teskep.
Na ‘n storie in die groot saal is die gaste na die effe makaber, pikswart, oorspronklike inisieringsaal geneem vir die res van die plaaslike spookstories wat volgens oorvertellings op ware gebeurtenisse gegrond is.
Een van die stories wat gedeel is, is die uit die vroee 1900’s van n man genaamd Tommy, wat lid was van die Vrymesselaars, een van die wereld se oudste “broederskappe”.
Tommy, wat alombekend as een van die beste klopdansers was, het egter een van die organisasie se onskendbare reels verbreek deur die geheime van die organisasie aan enigiemand wat bereid was om te luister, te verklap.
Dit het horn die wrok van die grootmeester op die hals gehaal, wat ‘n vloek oor horn uitgespreek het. Die vloek was dat Tommy vir ewig in die hel sou klopdans. Tommy is om middernag dieselfde dag dood.
Skuins voor 19:00 kan glo dikwels gehoor word hoe Tommy op die dak van die museum se kantoorgebou klopdans.
Marlon Sauls, wat dikwels tot laat navorsing in die museum doen, het aan Hermanus Times genoem hy het dit gewisal self gehoor, en dan maar Newer die hasepad gekies huistoe.
Die aand was ‘n reusesukses en die museum beoog om nog ‘n paar spookaande op ‘n maandelikse basis te hou – iets waarna al die gaste wat teenwoordig was, geweldig uitsien.. Kontakdie museum by 028 2121511 vir nog inligting.