Sooispitseremonie
Die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Tertius Simmers, het onlangs die eerste sooie van ‘n nuwe behuisingsprojek in Gansbaai gespit.
Die Blompark-behuisingsprojek het n begroting van bietjie meer R 78 miljoen en sal 539 behuisingsgeleenthede lewer. Die projek sal na verwagting teen die einde van Maart 2023 voltooi wees.
Dit vorm deel van dieGeintegreerde Behuisingsontwikkeling-program (Integrated Residential Development Programme (IRDP). Dit beteken dat dit nie net ‘n gemengde ontwikkeling met behuising vir verskeie inkomstegroepe sal wees nie, maar ook ruimte vir spasie vir kommersiele en ontspanningsgeriewe.
Simmers het in sy toespraak oor die projek gese die “omvangryke projek” sal nie net die gemeenskap se lewensstandaarde verbeter nie, maar ook n aansienlike verskil in die omgewing bring.
“Ek wil graag ‘n beroep op die gemeenskappe doen om te verseker dat die persele nie wanbestuur word nie en dat ons hand-aan-hand met die projekbestuurkomitee en die plaaslike munisipaliteit gaan werk om begunstigdes te identifiseer en die lys van begunstigdes te finaliseer sodat wanneer die wooneenhede voltooi is, die regte mense daarby sal baatvind,” het Simmers bygevoeg.
olgens Simmers is dit noodsaaklik dat mense in behuisingsnood op die departement se databasis geregistreer is. “Dis uiters noodsaaklik dat die mees kwesbare lede van die gemeenskap – bejaardes ouer as 60, mense met gestremdhede, diegene wat reeds 15 jaar en meer op die behuisingswaglys is en agterplaasbewoners – op die databasis geregistreer moet wees.”
Hy het afgesluit met die volgende woorde: “Die Wes-Kaapse regering is daartoe verbind om die voorsiening van menslike nedersettings te bespoedig en tergelyketyd sosiale inklusiwiteit te bevorder deur die ontwikkeling van geintegreerde, veilige en volhoubare menslike nedersettings in n samelewing waar geleenthede beskikbaar vir almal is.”