NGO Netwerk
Dit was met groot afwagting dat 15 burgerlike organisasies by die Mthimkhulu Village Centre in Kleinmond, op 3 Feb 2012 bymekaargekom het.
Die deelnemende organisasies was van verskillende sektore soos, Godsdienstige groepe, Nie-winsgewende Organisasies, Omgewingsbewustes, Gemeenskapsforums en Maatskaplike Welsyn.
‘n Gemeenskap netwerk sessie is deur die Mthimkhulu Village Centre aangebied, met die fokus op:
- Bespreking van die huidige sosio-ekonomiese uitdagings in die area
- Versterking van bestaande netwerk verhoudings
- Identifiseer geleenthede om waarde te voeg by bestaande ontwikkelingsprogramme in die gemeenskap
Die mees kritieke sosio-ekonomiese uitdagings wat na vore gekom het was, dwelm misbruik, ‘n hoë werkloosheidsyfer, ‘n tekort aan veiligheidsplekke vir slagoffers van geweldsmisdaad, diskriminasie teenoor mense wat HIV positief is, bejaardes en kinders met gestremdhede.
Die organisasies wat teenwoordig was het saamgestem dat dit noodsaalik is om voort te gaan met hierdie netwerk inisiatiewe, om sodoende verhoudings tussen nie-winsgewende organisasies te versterk, die verskillende kulture te erken en ‘n sterk gevoel van gemeenskap betrokkenheid te bou.
Bron: Whale Coast FM