Hou naam hoog!
Wat ‘n genotvolle paar dae van kuns en kultuur wat die Kalfiefees meegebring het! Namens die Hermanus Sakekamer wile k graag almal bedank wat so hard gewerk het om iets van alles vir almal se smaak aan te bied.
Die openingsaand was alreeds ‘n aangename verrassing met die bekoorlike kabaretsangeres Petronel Baard, ons eie Wilna Snyman met haar hoendervleis voordrag, die oulike hoërskoolkinders van Hawston met hul mooi stemme en die sjefskool se smaaklike driegangete.
Van Vrydag tot Dinsdag was die program volgeprop met teater, musiek, boekbesprekings en ‘n kunsroete met 45 kunstegalerye. Die feestente en kuiermusiek was groot prêt en ‘n ontspanne atmosfeer het oral geheers.
Dankie ook aan elke plaaslike inwoner wat die besoekers so vriendelik ontvang en laat tuis voel het. Julle het Hermanus en Onrus se naam hoog gehou.
Veels geluk met hierdie wonderlike fees. Ons is trots op julle. Doen so voort!
Volgende maand is dit Walvisfees. Waar kan ‘n mens ‘n beter plek kry om te bly?
Alta Pretorius, Hoof-Uitvoerende Beampte, Hermanus Sakekamer
Source: Hermanus Times