Bravo!
Ek en my vrou het Sondagmiddag tot ons groot vreugde die uitvoering deur die Universiteit van Stellenbosch se simfonieorkes tesame met die Canticum Novumkoor in die Sandbaaisaal bygewoon. Dit was pragtig en werklik ‘n sielsverrykende ervaring.
Die Kalfiefees-reëlingskomitee verdien ‘n pluimpie hiervoor en Annemarie Rautenbach ‘n spesiale dankie vir haar enorme aandeel.
Freddie van Coppenhagen, Sandbaai
Source: Hermanus Times
Comments