Brandweer van die Overstrand is altyd Reg om te help
Brandweer van die Overstrand help om voël te red Dit het gelyk soos ’n toneel uit ’n fliek waar brandweermanne ’n katjie uit die boom red, maar dié keer was dit ’n voël in ’n dak.
Vir die inwoners van De Wetstraat in Onrus was Maandagoggend definitief blou nadat ’n voël hom in hul dak tuisgemaak het.
Die brand- en reddingsdienste het vroegoggend ’n oproep van die Kogelberg-reservaat, wat die dierere habilitasie sentrum behartig, gekry om te hoor of hulle dalk met ’n lang leer kan help om die spreeu uit die dak te probeer bevry.
Die beamptes het nie op hulle laat wag nie en dadelik gaan help. Dié organisasie sonder winsbejag het die senior brandweerbeampte Tyron Mackenzie asook Bevan Hess en Anga Ngongose vir hulle vinnige optrede bedank. “
Baie mense sal sê dis net ’n voël, maar die beamptes het uit hul pad gegaan en die ekstra myl gestap om die spreeu te red. “Hul bedagsaamheid is net weer ’n bewys dat hulle daar is om jou te help – ongeag die omstandighede.
Baie dankie daarvoor,” het ’n woordvoerder van die rehabilitasiesentrum gesê.