Boeke op Wiele: ‘n Buitengewone Inisiatief

Bradwin Abrahams (busbestuurder), Sandi Phanya (intern), Sybil Lee (bestuurder van die Theewaterkloof-biblioteke), Jeanette Pieterse (streekbibliotekaris), en Esné Bester (administratiewe klerk) is die dinamiese span agter die opwindende projek, Boeke op Wiele.
Hierdie projek bring hoop en leesgenot na die gemeenskappe in die Theewaterskloof- en Overstrand-munisipale gebiede. Met die bont bus, met groot letters wat “Boeke op Wiele / Books on the Move” vertoon, is hulle ‘n rytuig van kennis en leer.
Comments





