Aarto stelsel sien die lig
Overstrand se sewe senior verkeersbeamptes het hul opleiding vir die nuwe Aarto-stelsel suksesvol voltooi.
Die kursus het uit verskillene modules bestaan wat onder meer die administratiewe prosedures, die doel van wetgewing, tekortkominge, afslag en ‘n lys van al die oortredings wat deur die wetgewing geraak word, dek.
Die res van die verkeersbeamptes sal binnekort met hul opleiding begin om gereed te wees vir die implementering van die Aarto-stelsel op 1 Januarie 2022.
Die puntestelsel sal teen 1 Julie 2022 nastionaal ingestel word.
Die belangrikste aspek van die Aarto-stelsel is die bekendstelling van strafpunte vir oortredings wat gepleeg word.
Die versuim om aan die Aarto-reels te voldoen, kan lei tot die opskorting van rybewyse en die kansellasies van voertuiglisensies. Verkeersoortredings soos spoed is uit die Strafproseswet verwyder en sal die verantwoordelikheid van die agentskap van padverkeermisdrywe (RTIA) word.