Annique Somerset West | March 2013 Newsletter
Hallo vriende & kliënte
Nog ‘n nuwe maand, twee maande vd jaar is verby, so spoed die tyd, ek kan dit haas glo, maar ons is dankbaar vir gespaarde lewens, gesondheid, pragtige weer en dies meer.
Telkens as ek net wil kla dat die spoed te vinnig is, dan word ek stil en dink aan al die seëninge wat ek nog het.
Vat ‘n tydjie af en besigtig ons Maart aanbiedinge, deur af te “scroll” en sien die besparings wat wonderlik is in hierdie tye:
- As jy die gewone Nagroom & Intense Repair koop, kry jy ‘n skroproompie vry om al daardie droë velletjies op die vel af te haal, sodat die vel weer lekker kan asemhaal, en die rome beter kan ingaan in die vel.
- Die Créme de Nuit (nag) vir die meer gevorderde vel, het weer ‘n room parfuumpie by.
- Verslank voor die winter sodat daar spasie is vir die winter etery, met ‘n wonderlike verslankings pakket.
- My geliefde Skin Detox : koop een.koop 2de minus 50% (detoksifiseer) Wonderlik vir problem velle.
- O ja dan is daar my geliefkooste Magical perfuum vir 50% afslag & die mans 180 eau de toilet ook 50% afslag. Lekker geskenke vir die onderste laai vir moeders- en Vadersdag, of om daardie wonderlik vriendin te bederf met haar verjaardag. Moenie dat u gevang word deur skielik iets te moet gaan koop vir ‘n geleentheid nie, dan koop jy nie waarde nie, wees altyd voorbereid.
Mag ek ook vir u ‘n fantastiese lewensveranderinge geleentheid aanbied, om die pad met my te stap vir ‘n heerlike ekstra inkomste vir jou eie bederf? Ek verwelkom graag nuwe interpeneurs.
Skakel my Trudie 0826927641/ 0218523790 of trudiech@mweb.co.za
Irenelaan 26, Somerset Wes.
Comments