Karaoke Competition @ Die Plaas se Gat
KARAOKE COMPETITION TIME!
Die Plaas se Gat het officially ons Karaoke Kompetisie afgeskop op Saterdag, 30 Januarie; met Talita Guisti wat aangewys is as ons eerste uitdun rondte wenner! Baie geluk!!!
Die Karaoke Kompetisie uitdun rondtes sal elke laaste Saterdag van die maand plaasvind – met ‘n totaal van 10 rondtes wat sal afsluit in Oktober 2016.
Ons Karaoke koordineerder, Mike Miller, sal die wenner aanwys van elke maand se uitdun rondte.
Die finalé sal plaasvind op Saterdag, 26 November 2016. Wenners van die 10 uitdun rondtes sal dan teen mekaar te staan kom in die finalé. ‘n Paneel van judges sal spesiaal aangewys word vir die okkasie!
Wie kan inskryf?
* Enigeiemand wat nie tans ‘n inkomste verdien deur professionele of amateur sang optredes nie
* Geen ouderdomsbeperking – talent is tydloos!
* Inskrywing is gratis en verniet!
* Daar is geen beperking op hoeveel keer jy kan inskryf nie. “If at first you don’t succeed, try again!”
Wat is op die spel?
* Die wenner van elke uitdun rondte sal ‘n R200 Plaas se Gat voucher ontvang en ‘n “Golden Ticket” na die finalé
* Die finalé wenner staan ‘n kans om ‘n kontantprys van R2000 te wen (en miskien nog ‘n paar ander goodies ook :P)
* Die beste vir laaste: Die finalé wenner staan die kans om ‘n professionele CD opname te maak saam met Mike Miller by sy studio!