Your Favourites
Login / Register
General Enquiry

Outeniqua Hoërskool

Kwaggas vir Kwaliteit

Outeniqua Hoërskool
Welkom in Kwaggaland

Die Hoërskool Outeniqua is in 1923 gestig. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1700 leerders. Ons wil elke leerder as totale mens laat ontwikkel en die nodige kennis en praktiese ondervinding gee om die beroepslewe met vertroue aan te pak. Ons wil ook hê dat elkeen die lewe in oorvloed moet geniet. Kwaggas bied ‘n kwaliteit opvoeding vir ‘n kwaliteit lewe.

Die skool bied ‘n wye vakkeuse, ‘n verskeidenheid kultuur- en sportaktiwiteite en hope geleentheid vir mensontwikkeling. Outeniqua is bekend vir sy uitstekende akademiese onderrig, puik akademiese onderrigfasiliteite, goed opgeleide, hoogs gemotiveerde en entoesiastiese personeel, tradisieryke geskiedenis, verrykende en karaktervormende kultuurbeoefening, vele sportgeleenthede, skitterende sportuitslae en hope geleenthede vir gesonde pret!!!

Kwaggas vir Kwaliteit





SHARE:Send to FacebookTweet This | Telephone: +27(0)4444 874 4156 |
Add to My Favourites