Your Favourites
Login / Register
General Enquiry

Laerskool George Suid

Die regte besluit

Laerskool George Suid
George Suid
Die Regte Besluit!

Dit is vir Laerskool George-Suid ‘n baie groot voorreg om u en u kind te verwelkom met die oog op ‘n gesonde en gelukkige skoolloopbaan. Dit is die begin van ‘n vennootskap wat beloof om pragtige hoogtepunte in te hou in belang van u kind

By Laerskool George-Suid streef ons daarna om gebalanseerde en gelukkige kinders en leiers tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Ons roeping is om gedissiplineerde, doelgerigte en gesonde onderrig aan kinders te bied. Dit is ons toekomsvisie dat Laerskool George-Suid deur middel van persoonlike betrokkenheid en toewyding diensbaar sal wees in die gemeenskap en wenvennootskappe sal sluit om die toekoms van ons leerders en skool te verseker.

Akademie is die hoeksteen van ons kinders se ontwikkeling. Gr. 1 is die graad waar kinders die eerste keer kennis maak met formele onderrig. Ons spandeer baie tyd aan Lees, Klanke en Syfervaardigheid, omdat dit die kern van suksesvolle onderrig is. In die Intermediêre en Senior fase verwag ons van leerders om selfstandig te kan werk.
Elke onderwyser of onderwyseres is ‘n kundige op sy of haar vakgebied wat die kinders in hul klas tot hul volle potensiaal laat ontwikkel.
LGS staan wel vir Laerskool George-Suid, maar met al die seëninge wat ons daagliks ervaar, dra dit ‘n boodskap uit:
Laat God seëvier! Dit spreek ook vanself wanneer ons sê: Laerskool George-Suid: die regte besluit!

Die regte besluit





SHARE:Send to FacebookTweet This | Telephone: +27(0)44 8733464 |
Add to My Favourites