George-Suid Trots Op Driekamppresteerders
Laerskool George-Suid loop breë bors rond nadat twee van sy leerlinge, Johannes Brink en Llewelyn Viljoen besonder goed presteer het in driekamp. Hulle het Sondag 26 Februarie aan die SA driekampkampioenskappe deelgeneem wat by Maselspoort in Bloemfontein gehou is.
Brink het die eerste plek en Viljoen die tweede plek behaal in die 12/13 jaar ouderdomsgroep in die supersprint-afdeling.
Irene du Plessis, ‘n onderwyser by die skool, het in ‘n seniorafdeling deelgeneem. Al drie het onder die vaandel van Eden deelgeneem.
Brink en Viljoen het baie naby aan mekaar klaargemaak. Hul tye was onderskeidelik 00:43:24 en 00:43:41. Hulle het deelgeneem aan swem (400 m), fietsry (10 km) en hardloop (2,5 km).
Du Plessis het meegeding in swem (750 m), hardloop (5 km) en fietsry (20 km).
Volgens haar is dit ‘n baie tegniese sport en deelnemers moet al drie dissiplines kan baasraak.
Bron: GeorgeHerald