Brakkies van Groot BrakRivier vat wenslag teen Heidelberg
Onlangs op die 11de November 2023 het Groot-Brakrivier in ‘n epiese stryd wat tot ekstra tyd geduur het, Heidelberg se span in die SWD premierliga met 31-25 oorwin , dit het afgespeel in Outeniquapark
Na die 80ste minuut was beide spanne se telling op 22. In die ekstra tyd van 20 minute het Groot-Brakrivier met drie strafdoele geslaag.
Die 2023 SWD-klubrugbykampioene het laas hierdie beker in 2009 gewen.
Baie geluk, Brakkies!
Ander uitslae:
Beide Evergreens se B- en C-spanne het hul wedstryde teen Crusaders se spanne gewen.
Harlequins se A-span het All Blacks (A) geklop, en Uniondale se A-span het vir Black Birds (A) oorheers.
Bron: George Herald
Comments